Deur: Donnelly McCleland
Bron: incontextinternational.org

Op Maandag 25 Julie het Mianmar se junta (militêre of politieke groep wat regeer oor ’n land wat deur geweld oorgeneem is) aangekondig dat hy sy eerste teregstellings in dekades uitgevoer het.

Dié wat tereggestel is, was ’n voormalige parlementslid van die Nasionale Liga vir Demokrasie (NLD), ’n uitgesproke politieke aktivis, en twee mans wat daaraan skuldig bevind is dat hulle ’n junta-informant doodgemaak het. Die Vereniging van Suidoos-Asiatiese Nasies (Asean) – waarvan Mianmar lid is – het ’n buitengewoon sterk teregwysing uitgereik en die junta se optrede as “hoogs laakbaar” bestempel en teenproduktief vir pogings om die krisis in dié streek te ontlont.

Aung Myo Min, die minister van menseregte vir die regering van nasionale eenheid – ’n burgerlike skadu-administrasie wat buite Mianmar geskep is nadat militêre magte in Februarie 2021 die land oorgeneem het – het die bewerings verwerp dat die mans by geweld betrokke was. Volgens ’n skatting deur die Verenigde Nasies (VN) is ’n verbysterende 1 600 mense om die lewe gebring en 12 500 sedert die staatsgreep aangehou. Die VN se hoof van menseregte, Michelle Bachelet, bestempel die internasionale reaksie op die staatsgreep as totaal vrugteloos en sê dat voorstanders van burgerlike vryheid in die land by die internasionale gemeenskap pleit om hul nie in die steek te laat nie.

Die teregstellings volg op die uitspraak van die internasionale geregshof (die VN se hoof- wetgewende liggaam) op 22 Julie wat Mianmar se besware oor die saak teen hulle verwerp het. Die saak hou verband met die afskuwelikhede wat teen die Rohingya-mense gepleeg is en waarvan die omvang as ’n menseslagting beskou kan word. Beswaarmakers teen die junta het hul na gewapende rebellegroepe gewend vir opleiding en wapens. Die Karen National Union (KNU), een van die oudste en grootste hiervan, kom uit die hoofsaaklik Christelike Karen-streek van Mianmar. Die groep beskou hulself as die verdedigingsarm van die bevolking. Die lyn tussen verdediging en aanval het vervaag namate aanvalle teen die junta toeneem. Weens die Christelike teenwoordigheid in die Karen-streek en ’n veronderstelde verbintenis met die KNU, het kerke ook teikens van die junta geword.

Vanuit ’n Christelike perspektief

Volgens Die Joshua-projek, is slegs sowat 8% van Mianmar se bevolking Christene en is Boeddhisme verreweg die oorheersende geloof. Geopende Deure berig dat vervolging van Christene in Mianmar toegeneem het en díé land van 28ste op die Wêreldwaarnemingslys van vervolgde lande in 2018 opgeskuif het na 12de in 2022. Dit is grotendeels te wyte aan ’n wet wat ingestel is dat diegene wat van godsdiens wil verander, deur ’n registrasieraad goedgekeur moet word. Gedurende die proses word die aansoek op kennisgewingborde in die gemeenskap aangebring, wat tot intense vervolging en druk van die gemeenskap en familielede (wat onteiening kan insluit) lei. Die meeste bekerings vind dus in die geheim plaas. 

Ondanks toenemende druk op die Kerk in Mianmar, is daar rede tot hoop. ’n Rooms-Katolieke priester wat verkies om anoniem te bly, het in ’n onderhoud met Al Jazeera gesê: “Humanitêre besorgdheid, menswaardigheid en menslike waarde, en harte vol medelye maak dat ons [alle burgerlikes] as ons broers en susters wat in nood is, beskou. Ons moet hulle bystaan wanneer hulle vreesagtig is en hulle beskerm. Die lyding van ons mense is ook ons lyding. Die hulpgeroep van ons mense is ook ons pyn.” 

Hierdie stelling ondervang die wese van die gebedsversoeke van die Kerk in Mianmar. Die Kerk in Mianmar groei steeds sedert die eerste Westerse sendelinge 100 jaar gelede daar aangekom het. Vir sommige beteken dit dat die derde generasie Christene nou besig is om groot te word. Hiermee saam ervaar Christene ook ’n mate van kulturele Christenskap. ’n Inheemse beweging om die “onbereiktes” te bereik, kry egter nou momentum. ’n Medewerker van Operasie Mobilisasie in Mianmar sê: “Ek dink mense [in die Kerk] moet beter begryp wat Jesus vir sy dissipels beoog het –– dat ons nie net bestem is om binne ’n kerk te bly nie, maar om uit te gaan en dissipels van ander te maak.”

Bid asseblief saam met ons vir die volgende:

  • Bid vir vrede, stabiliteit, en groter godsdiensvryheid in die land;

  • dat Christene getrou en standvastig sal bly ondanks vervolging;

  • dat gelowiges hul roeping sal uitvoer te midde van veelvuldige krisisse


28 Julie 2022

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org