-deur Patrick Simons

Bron: cip.nl

17 Desember 2019

Die aantal Messiaanse Jode in Israel het die afgelope twintig jaar aansienlik toegeneem, berig die Caspari-sentrum in Jerusalem. Hulle doen al meer as twee jaar lank navorsing om ’n idee te kry van die grootte van die groep Messiaanse Jode.

Die voorlopige resultate van die ondersoek is deur direkteur Alex Goldberg op die webtuiste van die organisasie gedeel. Hy noem dat die aantal gemeentes in Israel waar Jesus as die Messias erken word, oor die afgelope twintig jaar verdriedubbel het.

Dit beteken dat daar twee tot drie keer soveel mense in die land is wat in die Messias glo. Goldberg het wel gesê dat dit nog net ’n skatting is omdat die ondersoek nog nie afgehandel is nie.

Wat wel seker is, is dat daar in 1999 ongeveer 5 000 Messiaanse Jode in Israel was. Hul getalle word nou geskat op tussen 10 000 en 15 000, hoewel die finale ondersoekverslag uiteindelik ’n definitiewe antwoord sal bied.

Die oorsake van die groei kom nie net voor by mense wat tot geloof kom nie. Die groei van Messiaanse families en immigrasie uit ander lande word ook as oorsake gesien.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.