Radio Tygerberg 104fm en 104Concerts het onlangs aangekondig dat die toer van die internasionale Amerikaanse Gospelgroep, MercyMe, noodgedwonge uitgestel moes word weens die koronaviruspandemie. Die toer wat oorspronklik van 29 April 2020 tot 2 Mei 2020 in Suid-Afrika sou plaasvind, is nou na 16 tot 20 Februarie 2021 verskuif.

Aanpassings en nuwe planne
Ons lewe in die mees uitdagende tye van die moderne era en baie mense word verontrief of selfs ernstig geraak deur die verandering. Dit skep egter ook die geleentheid vir ons, as die Liggaam van Christus, om karakter aan die dag te lê, mekaar te bemoedig,te ondersteun en om planne te maak oor hoe om die krisis te bowe te kom.
Met die inperkingsmaatreëls wêreldwyd wat byeenkomste van groot skares verbied, het die bestuur van MercyMe geen ander keuse gehad as om aan te beveel dat die toer uitgestel word nie. In Suid-Afrika is die gesondheid van konsertgangers, en luisteraars van Radio Tygerberg104fm, ook 104Concerts, se
belangrikste prioriteit.

Kaartjies is steeds geldig
Die uitvoerende hoof van Radio Tygerberg 104FM en 104Concerts, Hardus Zevenster, verseker almal wat reeds hulle kaartjies gekoop het, dat dit steeds geldig sal wees vir die opkomende MercyMe Suid-Afrikaanse toer. Zevenster beloof ook dat die opkomende MercyMe Suid-Afrikaanse toer van 16 tot 20 Februarie 2021 ’n fenomenale gebeurtenis sal wees!

Behoefte aan verantwoordelike besluite
“Die COVID-19-pandemie is ’n baie ernstige situasie en kan nie ligtelik opgeneem word nie,” sê Zevenster. “Maar, dit is ook ’n kans om as nasie en wêreld saam te staan, mekaar te help en te bemoedig in hierdie moeilike tyd. Dit is nou baie belangrik om weldeurdagte en verantwoordelike besluite, tot voordeel van almal in Suid-Afrika en die wêreld, te neem.” 

Ons bid vir elkeen se veiligheid
Tygerberg 104fm en 104Concerts bid vir alle landsburgers se veiligheid en maan elkeen aan om persoonlik verantwoordelikheid te neem. Sodoende sal ons almal hierdie uitdaging so spoedig en sterk as moontlik te bowe kan kom.

Radio Tygerberg 104FM bedank almal vir hul begrip en geduld.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.