Bron: christianaidministries.org

Meer besonderhede het na vore gekom oor die sendelinge wat in HaÏti gyselaar gehou is.

Die groep sendeling van Christian Aid Ministries (CAM) is verlede jaar ontvoer ’n kort rukkie nadat hulle ’n weeshuis verlaat het.

David Troyer, die algemene direkteur van CAM het op 20 Desember die veilige terugkeer bevestig van al 17 personeellede wat in Haïti deur die 400 Mawozo-bende gyselaar gehou is. Almal, insluitend die tien maande oue baba en die driejarige en sesjarige seuntjies was ongedeerd.

Nadat altesaam vyf gyselaars op twee afsonderlike geleenthede vrygelaat is, het die oorblywende groep van 12 sendelinge op 15 Desember ’n gewaagde ontsnapping gemaak, hulle ontvoerders ontwyk en met ’n baba en twee kinders kilometers ver oor moeilike, maanverligte terrein gestap.

Die groep het glo die sterre as hulle gids gebruik om vryheid te bereik nádat hulle twee maande lank as gyselaars aangehou is.

“Toe hulle voel die tydsberekening was reg, het hulle ’n manier gevind om die deur wat toe en geblokkeer was, oop te kry. Ondanks die feit dat talle wagte naby was, het hulle geslaag om stilletjies weg te glip en die plek waar hulle aangehou is, te verlaat,” het Weston Showalter, die woordvoerder van die bediening, tydens verlede maand se perskonferensie gesê.

“Hulle kon in die verte ’n berg sien wat hulle herken het,” het hy voortgegaan. “Hulle het hierdie landmerk voorheen geïdentifiseer en geweet dat dit die rigting was wat hulle moes inslaan. Hulle het ook die sterre gebruik as rigtingaanduiders terwyl hulle deur die nag na veiligheid gereis het.

“Ná ’n aantal ure se stap het die dag begin breek en het hulle uiteindelik iemand gekry wat hulle gehelp het om hullp te ontbied,” het Showalter gesê.”

Tydens die ontvoering

Tydens die perskonferensie het Showalter ook uitgebrei oor die gyselaars se ervaring:

“Toe hulle bewus word van wat besig is om te gebeur tydens die ontvoering, het die groep die koortjie begin sing, “The angel of the Lord encampeth round about them that fear Him, and delivereth them”, gebaseer op Psalm 34:7. Hierdie lied het ’n gunsteling geword en hulle het dit baie keer gedurende hulle gevangenskap gesing.

“Die gyselaars het baie ure van elke dag bestee aan gebed, om te sing en mekaar te bemoedig. Ongelukkig het hulle nie ’n Bybel gehad nie, maar hulle het vir mekaar gememoriseerde Bybelverse opgesê. Hulle het vir die ontvoerders gebid en hulle van God se liefde vertel en dat hulle hul moet bekeer.”

Die woordvoerder het ook erken dat hoewel almal verlig en baie verheug is dat die gyselaars uiteindelik vry is, die reis terug na die normale lewe nou begin. “Hulle en hul gesinne het julle volgehoue ​​gebede, ondersteuning en aanmoediging nodig. Ons vra met respek die nuusmedia, welmenende vriende en kennisse en alle ander om asseblief die bevryde gyselaars en hul gesinne die ruimte en privaatheid te gee wat hulle nodig het terwyl hulle van hul twee maande lange beproewing herstel en hul lewens hervat,” het hy gesê.


13 Januarie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org