Bron:  Christian Post

Duisende Nigeriese Christene het op 15 Julie die strate in Abuja, Nigerië, ingevaar. Hulle het protes aangeteken teen die grootste Nigeriese party se voorneme om slegs Moslems vir die amp van die president en vise-president te nomineer, berig die Christian Post.

Die termyn van die huidige president, Muhammadu Buhari, ‘n Moslem van die Fulani-stam, kom binnekort tot ‘n einde. Sedert 1999 is die praktyk in demokratiese verkiesings dat elke party beide ‘n Moslem en ‘n Christen beskikbaar stel vir die ampte van die president en vise-president, om sodoende die duidelike verdeling in die land tussen die twee godsdienste te weerspieël. Die huidige visepresident is dus ‘n Christen. Die grootste party, All Progressives Congress (APC), het egter aangekondig dat hy slegs Moslems vir die twee sleutelposte gaan benoem.

Dit is hoekom meer as tienduisend Christene die strate ingevaar het om hul kommer uit te spreek.

Moses Adams, die leier van ’n groot Christelike gemeenskap in Noord-Nigerië, sê die gebrek aan ’n Christelike visepresidentskandidaat is “onaanvaarbaar en ’n resep om afstand tussen Moslems en Christene in die land te skep”.

Kerke en ander Christelike organisasies soos die Christian Association of Nigeria (CAN) sê ook hulle is bekommerd oor die huidige stand van sake.


1 Augustus 2022

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org