Deur: James Lasher
Bron: www.charismanews.com

Dit is amper ’n jaar sedert die Christen-skrywer en pastoor Max Lucado onthul het dat hy met ‘n dreigende aorta-aneurisme te kampe het.

Hy het onlangs met The Christian Post gedeel hoe hy sy gesondheidsdiagnose gedurende hierdie tyd hanteer het. Hy het erken dat hy ’n stryd gevoer het teen angs.

“Ek is 67, amper 68 jaar oud. Ek verwerk die feit dat ek nie jonger word nie …” sê Lucado. “Ek het gedink: Ek gaan al hierdie groot gesondheidskwessies vryspring …”

Gedurende hierdie stresvolle tyd nadat hy van sy mediese toestand uitgevind het, het ’n onverwagse wonderwerk met Lucado gebeur. Die angs het begin verdwyn.

“Een oggend het ek gevoel hoe die angs bonatuurlik van my lig,” sê hy. “Ek het regtig gevoel dit lig net. En dit is nie dat ek genees is nie, want ek is nie, maar die vrees of die angs is weg. Ek skryf dit toe aan die Heilige Gees …”

Hierdie reis het Lucado die geleentheid gegee om in sy verhouding met die Heilige Gees te groei, selfs ná al die jare in die bediening.

Lucado bespreek sy groei met die Heilige Gees in sy nuwe boek en voer aan dat Christene die Heilige Gees nodig het om die toenemende vlakke van stres waarmee hulle te doen het, te hanteer.

“Byna nege uit tien mense wat jy in die straat sien, ervaar stres. Dit was nie die bedoeling dat ons so moet lewe nie. Die Gees gee lewe; die vlees is van geen hulp nie. Dit wil sê, my selfmotiveringspraatjies gaan my nie help nie. Ek het hulp van buite nodig, hulp van bo,” het hy gesê.

Deur die kwessie aan te roer dat talle Christene nie in die Bybelse rol en bestaan ​​van die Heilige Gees glo nie, verduidelik Lucado hoe ’n terugkeer na die basiese beginsels van die Evangelies sal lei tot ’n vernuwing van die kerk.

Nog ’n belangrike wanopvatting wat Lucado aanroer, is die verwagting dat Christenskap op die een of ander manier maklik is om uit te leef. Hy beklemtoon presies hoe nodig ons die Heilige Gees het om ’n kragtige Christelike lewe in ’n sondige wêreld te lei.
“Jesus het nie gesê ‘in hierdie wêreld sal sómmige mense dit moeilik hê’ nie,” verduidelik Lucado. Hy sê: “In die wêreld sal julle dit moeilik hê,” maar Hy volg dit op met: ”… ‘maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.’ Dus, wat jy ook al trotseer, Christus het dit reeds oorwin en Hy sal jou help.”

“Moenie die leuen glo dat as jy net ’n beter Christen was, jy nie hierdie beproewing sou beleef het nie,” sê hy. “Moenie probeer om die las op jou eie te dra nie,” smeek hy. “Dit is ook belangrik om te onthou dat die bedoeling nie is dat hierdie lewe vir ewig sal duur nie. Ons sal almal swaarkry en ons sal almal siek word. En tensy Christus voor daardie dag terugkom, gaan ons almal ’n hart hê wat die een of ander tyd gaan ophou klop. Dit is nie sleg nie, want die oomblik wat ons ons oë finaal op hierdie aarde sluit, is die oomblik wanneer ons ons oë oopmaak vir die nuwe Koninkryk. En dit is die groot oorwinning.”

Foto: Max Lucado/maxlucado.com


20 September 2022

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org