Deur Amir George
Bron: charismanews.com

Ná maande se onluste onder leiding van anti-Christelike, gewelddadige antifa-verwante betogers wat van kop tot tone in swart geklee is, is Washington, DC die afgelope Saterdag oorstroom met vreugdevolle volgelinge van die Here Jesus Christus. Die skare van ± 500 000 het elke geleentheid gebruik om in die openbaar te bid en God te vra om in te gryp in die huidige verkiesingsertifiseringsproses.

Sherrie Lavigne wat saam met drie vriende van Noord-Carolina gery en in die motor geslaap het om die optog by te woon, het gesê: “Dit is vir ons as Christene belangrik om op te daag en ons president te ondersteun. Dit is nie genoeg om net te bid nie – ons moes ook hier in die hoofstad wees. Ons glo dat God ons gebede sal verhoor.”

Ronald Petterson van Knoxville, Tennessee, het die skare in gebed gelei. Hy het gesê: “Donald J. Trump is die beste president ooit. God het hom opgerig en ons is hier om vir hom te veg. Hy was op elke belangrike punt vir ons en nou is ons hier vir hom om hom in gebed en in die openbaar te steun. As gelowiges is ons baie bewus van die stryd wat ons in die gesig staar, maar ons glo dat ons sal wen.”

Mike Lindell, die uitvoerende hoof van MyPillow, het die groep in vurige gebed gelei: “Hemelse Vader, gee wees ons asseblief genadig en gee ons Donald Trump as ons president vir die volgende vier jaar. Onthul asseblief al die korrupsie en bedrog in hierdie verkiesing en openbaar U wil aan almal. Maak deure oop wat niemand kan sluit nie. In Jesus se naam bid ons, Amen.”

Toe pres. Trump se konvooi by Freedom Plaza ’n draai maak om vir die juigende skare te waai, het Lindell uitgeroep: “Meneer die president, vandag is ons hier om te verklaar dat u die beste president ooit is – ons almal steun u. Mag God Amerika seën!”

In sy boek, God, Trump and the 2020 Election,, het die skrywer Stephen E. Strang gesê: “Ek glo dat dit God se wil is dat Amerika ’n sterk nasie moet wees, want God het hierdie nasie opgerig om ’n baken van lig en hoop vir die wêreld te wees. Danksy ons godsdiensvryheid het die Christendom gefloreer en die Evangelie oor die hele wêreld versprei.”

Daar is niks bedek wat nie onthul sal word nie, en niks geheim wat nie bekend sal word nie.” – Lukas 12:2. Hierdie Skrif bemoedig die 72 miljoen Amerikaners, waarvan die meeste volgelinge van die Here Jesus Christus is, om vandag en die komende dae aan te hou bid en die president openlik te ondersteun. Hulle erken dat hy die Amerikaanse ambassade na Jerusalem verskuif het; meer as 300 regters aangestel het en drie regters van die hooggeregshof aangewys het; dat hy godsdiensvryheid beskerm, vryheid binne die land asook wêreldwyd verdedig en die mees pro-lewe president in die geskiedenis is.

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


19 November 2020

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.