-deur Lourieke Haller 

2 Desember 2019

Saterdag 30 November 2019 het ’n groot groep Christene ’n vreedsame optog na die parlement gehou tydens die March for Family-optog om ’n brief aan die regering te oorhandig wat daarop aandring dat die CSE-kurrikulum in Suid-Afrika gekanselleer moet word.

Die optog is afgeskop met Neville D wat die skare gelei het in aanbidding. Met vlae wat wapper en hande omhoog het die groep onder meer “How great is our God” gesing en die heerskappy van Jesus oor Suid-Afrika verklaar.

Errol Naidoo van Family Policy Institute het die skare toegespreek en ondermeer gesê “die Kerk is met oop oë vas aan die slaap”. Hy het gesê dit is nie net die regering wat gebed nodig het nie, maar ook die Kerk wat dringend nodig het om wakker te word. Hy het die skare voorgegaan in gebed vir die regering: “Here, draai die regering se hart na U. Laat die regering U dien met wysheid en besluite met integriteit neem,” het hy onder meer gebid. “Here, ons bid dat U Woord ons grondwet sal wees.”

Die groep het sy weg na die parlement gebaan terwyl die slagspreuk “No to CSE” gedreunsing is.

Naidoo het die brief en vyf stapels ondertekende briewe (150 000) aan ’n verteenwoordiger van die departement van onderwys, me Thabitha Mohlala, oorhandig en haar versoek om te verseker dat die petisie oorhandig word en dat die versoek van die besorgde lede van die publiek en organisasies ernstig opgeneem sal word.

Pastoor Costa Mitchell, die nasionale direkteur van die Assosiasie van Vineyard Kerk van Suid-Afrika en die skare het vir me Mohlala, die departement sowel as minister Angie Motshekga gebid.

Aangesien die optog ook deel uitgemaak het van die “16 Dae van Aktivisme Vir Geen Geweld Teen Vroue En Kinders” wat jaarliks ​​op 25 November tot 10 Desember gehou word, is ’n memorandum van kerkleiers aan ’n verteenwoordiger van die departement van justisie en korrektiewe dienste oorhandig waarin uiteengesit is watter stappe die regering moet neem om die sosiale agteruitgang en die gevolglike geweld, uitbuiting en mishandeling van vroue in die samelewing aansienlik te verminder.

Pastoor Costa Mitchell het die mans in die skare ook tydens die verrigting voorgegaan in die voorlees van ’n gelofte waarin hulle belowe om hul vrouens te eer en vroue in die samelewing te respekteer en te beskerm. Hy het die mans aangemoedig om nie bloot die gelofte af te lê nie, maar ook ander mans verantwoordbaar hou om aktiewe beskermers van vroue in ons samelewing te wees. ’n Video van die gebeure sal nou gebruik word in ’n landwye veldtog op sosiale media.


Pastoor Barry Isaacs, die stigter van Transformation Africa en raadslid van vele Christelike organisasies onder meer FOR SA (Freedom of Religion South Africa en Jericho Walls) en dr. Arno van Niekerk van Christian Concencus en Mighty Families het vir die Kerk en gesinne in Suid-Afrika gebid.

Die kerkleiers en FPI wag nou op die departement van onderwys se antwoord op die brief.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.