Deur: FEBA
Bron: Artikel verskaf

Die lewens van Mali se inwoners is omvergewerp ná die onlangse staatsgreep, waarvan u dalk reeds gehoor het. Die veiligheidsituasie het nog nie verbeter nie. Daar heers groot bekommernis dat Islamitiese militante groepe die land kan oorneem indien die Franse troepe onttrek. Omgekrapte betogers eis dat die Russiese militêre magte tussenbeide moet tree. Die nuwe regering het amptelik versoek dat die Verenigde Nasies dit moet oorweeg om te onttrek, verkieslik op ‘n langtermyn basis. Die djihadiste het nou na die Ivoorkus versprei, terwyl die situasie dreig om buite beheer te raak in naburige Burkina Faso. Tensy die Russe besluit om toe te tree tot die geveg teen die Islamiete in Mali, is die situasie ongetwyfeld gedoem tot chaos.

Kerke in Manantali en Sollo het onlangs ’n uitreik in Sollo gereël. Christene van die DRK, Liberië, Koulikoro en Sadiola in Mali het die geleentheid ook bygewoon. Daar is nie vooraf toestemming gevra om die uitreik te doen nie, maar ons gebede vir God se beskerming teen die verspreiding van COVID-19 is definitief verhoor, aangesien daar binne ‘n maand na die uitreiking nog nie ’n enkele COVID-geval aangemeld is nie!

Twee getuienisse wat uitstaan

Gedurende die uitreik, wat ons binnekort weer gaan opvolg, het verskeie mense tot bekering gekom, waarvan twee gevalle uitstaan. Een van die nuwe gelowiges is ’n jongman met die naam Ben*, is die seun van die Imam (geestelike leier) van Sollo, genaamd Mohammed*. Die tweede bekeerde, John*, is die neef van dieselfde Imam. Hier volg hul getuienisse:

Ben*: “Ek luister gereeld na die radiostasie, KanuYah FM Sollo, en het daardeur meer kennis verkry oor wat presies dit beteken om ’n Christen te wees. Ek weet nou verseker watter Naam om aan te roep as ek gered wil word. Ek weet Jesus is die weg – die enigste weg. Ek het gevolglik nie vir ’n oomblik getwyfel om my pa, die Imam van ons dorpie, te vertel dat ek ’n Christen gaan word nie. Ek was voorbereid vir enigiets indien hy gewelddadig sou reageer, maar hy het nie! In plaas daarvan, het hy eenvoudig gesê dat hy my besluit nie sal teenstaan; geen twee mense kan immers die pad in die ewigheid saam loop nie. Elkeen kies sy eie pad na die dood. Ek is dankbaar vir die radiostasie wat my enigste bron van inspirasie en inligting is in geloofsake. Ek is baie dankbaar teenoor God; Sy Gees moes my pa sekerlik gelei het om nie met geweld te reageer op die nuus van my bekering na Christenskap nie”.

John*: “Deur die radiostasie het ek al die kennis gekry wat ek nodig gehad het om die mees belangrike besluit van my lewe te neem; om my geloof en lewe aan Jesus Christus oor te gee. Ek het nou groot sekerheid in my gemoed, en weet, sonder die geringste twyfel, dat ek die regte keuse gemaak het. Vir dekades het ek vrae gevra omtrent die lewe hier, en daarna, en omtrent God en die heelal. My vrae het onbeantwoord gebly totdat ek na die uitsendings van KanuYah FM Sollo radio begin luister het. Nou het ek die antwoorde en ek is nie meer bekommerd nie. Alhoewel my oom die Imam van ons dorpie is, gaan geen mens ons beoordelaar wees op die oordeelsdag nie. Ons kan nie weier om Jesus te volg nie. Dit is nie wys om mense te vrees en God te verloën nie.”

Peter se getuienis

Nog ’n getuienis is die van ‘n jongman van Senegal wat onlangs ’n besoek aan Manantali gebring het saam met sy Mali-vriend. Sy naam is Peter*, en hy het die volgende vertel. “My gemeenskap in Senegal is nie ver van die grens geleë nie. Ons luister graag na KanuYah FM Sollo, omdat ons in ‘n goeie opvanggebied is. Die radiostasie se programme is baie goed, veral die Christelike programme. Ons geniet ook die rykdom van musikale programme wat musiek insluit van ander lande en tydperke, en ook bedoel is vir beide Christene en nie-Christene. Evangeliste in ons gebied vertel dat KanuYah FM

Sollo ’n uitstekende fasiliteerder is vir hul werk, want dit lei tot vrugbare gesprekke en hulle kan ook makliker fisies kontak maak met mense”.

Hierdie bemoedigende getuienisse herinner ons daaraan dat, ten spyte van die onrus wat ons rondom ons ervaar, God nog steeds in beheer is. Sý Lig skyn in die wêreld deur sy getroue dissipels wat bereid is om die Goeie Nuus opofferend met ‘n sterwende wêreld te deel. Die Moslem-gemeenskap is een van die grootste onbereikte groepe ter wêreld, met sekere radikale sektes wat ideologieë verkondig wat geweld aanblaas. Dit is deel van FEBA se mandaat om die evangelie aan hulle, sowel die as vele ander onbereikte groepe te bring deur middel van radio, media en ander nuwe tegnologieë.


13 Julie 2021

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.