-deur Geoffrey Grider

9 Junie 2019

Madonna se vertoning by Eurovision is ’n waarskuwing om ons voor te berei vir die Antichris!

Om vanuit ’n Bybelse perspektief na Madonna se optrede by Eurovision 2019 te kyk, was werklik verbysterend. Dit was skokkend hoeveel profetiese Skrifte sy opgeroep het. Hier was die popster wat voor die hele wêreld op die verhoog in Israel opgetree het, met ’n ‘boodskap’ vir die Jode en die Palestyne en die res van die wêreld. Wat was die boodskap?

Berei voor vir die Antichris.

“Ek gaan nou ’n herder in die land aanstel wat niks omgee vir dié wat wegraak nie, nie die lammers soek nie, nie dié wat seergekry het, dokter nie en die gesondes nie kos gee nie, maar wat die vleis van die vetstes eet en die ander se kloue afruk. Ellende wag vir die herder wat alles verkeerd doen en die skape in die steek laat! Mag die swaard sy arm en sy regteroog tref! Mag sy arm heeltemal verdor, mag sy regteroog heeltemal blind word!” – Sagaria 11:16,17

Die optrede het begin met ’n sataniese tema. Die verhoog wat hoofsaaklik in donkerte gehul wat hier en daar deur gedempte rooi beligting verlig is. Op die trappe wat na ’n beeld van ’n skedel lei, het monnike in swart mantels spookagtig stil gestaan ​​en wag vir Madonna om te verskyn. Kerkklokke het treurig gelui asof daar vir die dooies getreur word. Die skare het waansinnig tekere gegaan toe die monnike begin sing. Illuminati- en vrymesselaarsimbole was oral op die verhoog te sien vir al die optredes, nie net vir Madonna s’n nie.

Toe het hy Hom op hulle versoek oorgelewer om gekruisig te word, en hulle het Jesus weggeneem. Jesus het self sy kruis gedra en uitgegaan na Kopbeenplek toe, soos dit genoem is, in Hebreeus Golgota. Daar het hulle Hom gekruisig en saam met Hom twee ander, een aan elke kant, met Jesus in die middel.” – Johannes 19:16-18

Skielik het sy verskyn. Gehul in die gloed van die verlig skedel het Madonna uit die “bodemlose put” verskyn. Sy was in ’n kostuum geklee wat die Antichris se beskrywing goed pas. Sy het ’n kroon en ’n oogklap met ’n ‘X’ daarop gedra. Sy het met haar vertoning begin. Terwyl ek daarna gekyk het, het tientalle Skrifte uit Sagaria, Jesaja, Joël, Amos, Daniël en Openbaring by my opgekom. Ek het dadelik geweet wat ek sien. Die duiwel wat besig was om met Jesus se offer by die plek van die “Kopbeen” te spot.

“Hy het toe die skag na die onderaardse diepte oopgemaak, en daar het rook uit die skag uit opgestyg soos die rook van ‘n groot oond. Deur die skag se rook is die son verduister en het die lug donker geword… Hulle het die engel van die onderaardse diepte as koning oor hulle. Sy naam in Hebreeus is Abaddon, en in Grieks het hy die naam Apollion.” – Openbaring 9:2,11.

Hier – in die land waar Jesus gekruisig is, gesterf het, begrawe is en op die derde dag opgestaan het,  – was daar ’n vrou genaamd Madonna, geklee as die Antichris, wat “Like a Prayer” onder ’n gloeiende rooi skedel sing. Daar is die boodskap afgelewer, om “voor te berei” vir die Antichris.

Openbaring sê dat die Antichris uit die bodemlose put sal kom. Dit is presies wat Madonna se verskyning bedoel was om voor te stel. Wanneer die Antichris kom, sal hy in vrede as die vals messias kom. Hy sal die wêreld voorgaan in ’n een-wêreld-godsdiens, soos sy sing in die liedjie, “Like a Prayer”. Later in die vertoning val sy neer en wanneer sy opstaan, is sy in wit geklee. Die monnike is nou met jong meisies vervang wat wit rokke en gasmaskers dra.

“Die Here het geantwoord: Kyk na die ander nasies: julle sal verstom staan oor wat julle sien. Ek gaan nog tydens julle lewe iets doen wat julle nie sal glo as dit vir julle vertel word nie.” – Habakuk 1:5

Ek glo hierdie hele opvoering was ’n boodskap van die Here af wat ons ’n grafiese illustrasie gegee het van wat om die hoek is. Onthou, dit het alles in Israel gebeur, nie Hollywood nie! Israel is waar die Antichris sewe jaar sal regeer, waar die Slag van Armagéddon geveg sal word. Madonna wat met ’n oogklap op as die Antichris die liedjie “Like a Prayer” vir ’n gehoor van Jode en Palestyne sing, terwyl die kruisiging van Jesus Christus bespot word. Die ongelooflike, verskriklike maar profetiese ironie van dit alles, is verbysterend.


Bron: www.nowtheendbegins.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.