-deur Jeffrey Schipper

Bron: cip.nl

7 Oktober 2019

 

Die Evangelies-Lutherse kerk in Finland het die ontwerpkompetisie, “Forgivemoji” op die been gebring.

Die doel van hierdie veldtog is om ’n emoji vir vergifnis bekend te stel wat sê: “Ek vergewe jou.” Enigiemand wêreldwyd kan tot 15 November digitaal ’n ontwerp indien of vir ’n gunstelingontwerp stem, skryf die Protestantse Kerk in Nederland (PKN).

Die veldtog was in 2018 deel van die herdenking van die einde van die Finse burgeroorlog, wat verledejaar ’n eeu gelede geëindig het.

Die openbare debat oor versoening en vergifnis wat in Finland gevoer is, het aan die lig gebring dat daar onder die talle bestaande emoji’s nog geen spesifieke emoji’s vir ‘vergifnis’ is nie.

Die nuwe emoji’s word moontlik in 2020 bekendgestel, die jaar waarin die 75-jarige einde van die Tweede Wêreldoorlog in Europa en wêreldwyd herdenk word. Hierdie herdenking hou verband met die feit dat die huidige geslag volwassenes gesamentlik verantwoordelik is om die vryheid wat ons nou geniet, aan toekomstige geslagte oor te dra.

Uiteraard is ’n emoji nie genoeg om vergewensgesindheid te betoon met betrekking tot  aaklige gebeurtenis soos oorlog nie, maar dit kan sekerlik goeie onderlinge verhoudinge tussen mense aanmoedig deur meer positiewe kommunikasie.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.