Beste Vriende

Ons stede is ’n sendingveld wat vinnig al hoe groter word! Verstedeliking is ’n wêreldwye neiging en hoewel Afrika tans nog agter is op die wêreld se verstedelikingsgrafiek, word daar voorspel dat die 2010-syfer van 36% skerp sal klim tot ’n vooruitgeskatte 60% teen 2050.

Christene moet samewerking ’n prioriteit maak
Hierdie neiging skep geweldige uitdagings vir werksgeleenthede en plaas druk op die infrastruktuur, maar skep terselfdertyd ook opwindende geleenthede vir evangelisasie en African Enterprise (AE). As ’n organisasie wat die waarheid van die Evangelie in die stede van Afrika verkondig, is ons opgewonde omdat ons teikengehoor groei! Terselfdertyd word die taak wat voorlê ook groter en al hoe meer uitdagend. Die Liggaam van Christus moet dus samewerking met mekaar ’n priori-teit maak sodat die Groot Opdrag uitgevoer kan word. Dit is dus goed om te sien hoe die Kerk nader beweeg aan die eenheid waarvoor Jesus gebid het: “Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.” – Johannes 17:21.

Love Cape Town CityFest
Ons is tans besig met voorbereidings vir ons Love Cape Town CityFest. Ons werk in vennootskap met die Kerk in Kaapstad, saam met talle denominasies oral in die stad, asook verskeie ander Christelike organisasies, soos die Luis Palau-vereniging. Die idee vir hierdie missie in Kaapstad is in 2017 deur die African Enterprise-leierspan in gebed gebore en dit is daarna bevestig deur belangrike Christen-leiers met wie ons gedurende 2018 in Kaapstad gepraat het.

Vennootskap met Luis Palau
Ons het vroeg verlede jaar met die Luis Palau-span begin gesels oor hulle betrokkenheid. Ons het onmiddellik by mekaar aanklank gevind en daar heers groot opgewondenheid. Dit was ook nie te lank voordat hulle direkteur vir Afrika-sending, Tim Innes, saam met my in Kaapstad was nie! Ons organisasies (AE en Luis Palau) het ’n baie soortgelyke mandaat en
metodologie en ons stigters, Michael Cassidy en Luis Palau, is vriende. Die uitreik in Kaapstad is die eerste keer dat ons twee organisasies saam aan ’n sendingaksie deelneem en ons glo dat ons saam ’n beduidende uitwerking in die Moederstad gaan hê!

Hardwerkende helpers
Ons is waarlik geseënd om saam met die talle begaafde en toegewyde mans en vroue op ons Love Cape Town CityFest-sendingkomitees te werk. Geen AE-sending sou naastenby so suksesvol gewees het sonder die leiding en harde werk van die getroue plaaslike komiteelede nie. Die Bybel sê mos: “Want deur goeie oorleg kan jy voor-spoedig oorlog voer, en die oorwinning is deur die menigte van raadgewers.” – Spreuke 24:6.

Drie fases van beplanning
Die tydlyn vir ons sendingaksie het drie fases. Eerstens die Voorbereidingsfase, wat tot twee jaar voor die missie kan begin en wegspring met die kartering van die sendingveld. Dan volg die Verkondigingsfase, wat in wese ons sendingweek van gestratifiseerde evangeli-sasie is (evangelisasie van alle vlakke van die samelewing). Einde ten laaste volg die
Vasleggingsfase, wat die opvolging van die nuwe gelowiges behels om te verseker dat hulle in selgroepe opgeneem en by die plaaslike kerke ingeskakel word.

Oorweeg dit asseblief om ’n skenking te maak
Vergun my ten slotte die kans om ’n pleidooi te lewer vir jou finansiële steun aan ons sending in Kaapstad. Bid asseblief daaroor om ’n spesiale finansiële skenking vir die uitreik in Kaapstad te doen. Ons sal so dankbaar wees! “En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.” – Galasiërs 6: 9

Saam kan ons dit doen!
Theuns

Kom neem deel!
Ons vertrou steeds dat nog kerke, organisasies en individue kragte met ons sal saamspan vir die Love Cape Town CityFest. Stuur gerus ’n e-pos aan info@lovecapetown.org of besoek lovecapetown.org om deel te neem. Bid ook asseblief dat die Here sal voortgaan met Sy wonderlike werk in Kaapstad. Bid ook vir ons terwyl ons vir die geleentheid in November voorberei. Ons vertrou werklik dat dit ’n uitwerking sal hê en geskiedenis sal maak.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.