Bron: cip.nl

Die Amerikaanse aanbiddingsleier, Sean Feucht, se omstrede Let Us Worship- byeenkomste laat ’n groot spoor van herlewing in Amerika agter. By die aanbiddingsgeleenthede bring Feucht ’n boodskap van hoop aan mense wat ly en wanhopig is. Volgens CBN News doen die bekende aanbiddingsleier van Bethel Music ’n beroep op mense om hul laste na die Here te bring en genesing in die Heilige Gees te vind.

Die byeenkomste het verlede jaar aan die begin van die koronapandemie begin toe baie kerke gesluit is en die opelugdienste vir baie gelowiges een van die min geleenthede was om God te aanbid. Feucht het na groot stede gereis en spesifiek na plekke gegaan waar Black Lives Matter-betogings opgevlam het, om die Evangelie daar te verkondig.

Feucht deel gereeld foto’s van die byeenkomste op sy sosiale media.

https://www.instagram.com/seanfeucht/?utm_source=ig_embed

Die byeenkomste is omstrede omdat sosiale afstand nie gehandhaaf word nie en daar nie mondmaskers gedra word nie. “Dit is so kragtig, ’n mens raak nooit moeg hiervoor nie,” het Feucht in een van die video’s gesê. “As ons sê dat die kerk iets van die verlede is, is dit wat ons eintlik bedoel. Ons kom nou onder ’n brug byeen. Duisende mense gee hul lewens aan Jesus oor en word van verslawing bevry. Ons sien radikale versoening plaasvind. Ons sien genesing, deurbraak en wonderwerke. God is so goed.”


27 April 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.