Bron: Christian Post

Die Billy Graham Evangelistic Association (BGEA) het ’n openbare verskoning en finansiële vergoeding vanuit Brittanje ontvang. Die rede hiervoor is die onregmatige verwydering van veldtogplakkate vir sy Festival of Hope.

“Dit is ’n belangrike oomblik vir geloofsvryheid in Brittanje,” het die voorsitter van BGEA, Franklin Graham gesê.

Die stadsraad van Blackpool, wat verantwoordelik is vir die verwydering van die plakkate, het aanvaar dat die plakkate nie op sigself aanstoot gegee het nie.

“Ons het nie voldoende daarmee rekening gehou dat die verwydering van die plakkate ander mense kan kwets en dat ons daarmee aanvoer dat bepaalde stemme nie gehoor moet word nie. Ons vra opreg om verskoning vir die ongerief en teleurstelling wat ons die medewerkers van hierdie geleentheid veroorsaak het. Ons het uit hierdie ervaring geleer. Ons bly verbind tot die Blackpool-gemeenskap om gelykheid en gehalte diens aan almal te bied,” ‘het Lynn Williams van die stadsraad gesê.

Die beleid is volgens die direksie aangepas op grond van onlangse verwikkelinge sodat so iets nie in die toekoms sal plaasvind nie. Die finansiële skikking het $ 115 700 (R1 686 460) hofkoste en $ 34 400 (R501 412) skadevergoeding beloop.

Graham het in ’n verklaring gesê: “Dank die Here vir die finansiële uitkoms van hierdie saak en die betekenis wat dit nog jare vir Britse Christene en kerke sal hê,” berig die Christian Post.

Graham het vroeër ’n lokaal in Glasgow en nog twee ander in Sheffield en Wallis gedagvaar en tot verantwoording geroep vir die kansellasie van die toer weens druk vanuit die LGBTQ-gemeenskappe.


20 Julie 2021

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.