Deur Donnelly MeCleland
Bron: incontextinternational.org

Vyftien land in Asië en die Stille Oseaan-gebied het op 15 November die wêreld se grootste verdrag oor vryhandel, naamlik die Regional Comprehensive Economic Partnership (RCEP), onderteken. Die ooreenkoms sluit die tien lande in wat aan die Association of Southeast Asian Nations (ASEAN) behoort, sowel as China, Japan, Suid-Korea, Australië en Nieu-Seeland.

Die ooreenkoms sluit Amerika egter uit, aangesien spanning tussen Amerika en China tydens pres. Donald Trump se bewind opgelaai het. Die RCEP-ooreenkoms sal China se afhanklikheid van oorsese markte (by name Amerika), verminder en terselfdertyd tariewe ten opsigte van verskeie, tot nog toe ongespesifiseerde goedere, verminder.

Die lidlande se aandeel aan wêreldwye handel kan tot soveel as 30% beloop en meer as twee miljard verbruikers betrek. Hierdie ooreenkoms is ook die eerste waarin China, Japan en Suid-Korea gesamentlik by ’n vryhandelsverdrag betrokke is.

Tydens die ondertekeningseremonie in Hanoi, het Viëtnam se eerste minister, Xuan Phuc, gesê dat die verdrag “’n beduidende bydrae tot die post-COVID ekonomie” sal lewer. RCEP sal amptelik in werking tree nadat die deelnemende lande die ooreenkomste in hulle onderskeie lande intern bekragtig het. Die goedkeuring van die verdrag vind plaas enkele dae voor Australië en Japan ’n verdedigings-ooreenkoms sal aangaan.

Dié ooreenkoms word aangegaan om China se verhoogde militêre invloed in die gebied te bekamp. Etlike lande in Asië en die Stille Oseaan-streek het reeds verdedigingsmoontlikhede ondersoek teen China se waarneembare vyandigheid en invloed op die Suid-Chinese see.

Vanuit ’n Christelike perspektief

China se “Syroete” is lank reeds ’n sentrum vir handel en nywerheid; die nuwe handelsverdrag sal na verwagting die aantal mense en produkte wat van die roete gebruik maak, laat toeneem.

Chinese sendelinge gebruik ook hierdie roete om die evangelie oral in China en aangrensende lande te versprei. Die One Belt One Road (OBOR) infrastruktuur-ontwikkelingsinisiatief wat in 2013 ’n aanvang geneem het, vervul ’n strategiese rol om die Evangelie al langs hierdie antieke roete te verkondig – dít terwyl China en ander lande baie in die ontwikkeling van infrastruktuur van die omliggende streke belê.

Met dié dat handel in die streke langs hierdie roete toeneem, kry die Kerk en die Christen-sakegemeenskap nuwe geleenthede vir die verkondiging van die Evangelie. Die toename in die aantal sendelinge wat die afgelope paar jaar vanuit China en Suid-Korea gestuur is, sowel as die gemelde nuwe geleenthede wat RCEP meebring, kan tot die herlewing van die Christendom in Asië en die Stille Oseaan-streek lei.

Bid asseblief saam met ons vir die volgende:

  • Bid dat RCEP ’n konstruktiewe kanaal sal wees om ekonomiese hulp aan lande, wat gebuk gaan onder negatiewe gevolge van COVID-19, te bied;
  • dat die Kerk in lande in Asië en die Stille Oseaan-streek sal voortgaan om (meer) sendelinge te stuur, met die klem op “besigheid as sending”; en
  • dat gelowiges die geleenthede wat RCEP bied, sal aangryp om die Koninkryk van God, veral in “onbereikte” gebiede, uit te brei.

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


21 November 2020

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.