Revealed Word Bible College (RWBC) is ’n afdeling van International Missions Wyoming U.S.A en is gesertifiseer (geakkrediteer) deur die Christ for all Nations Institute Association of Bible Schools Dallas Texas.

Op die sendingveld gebore
Die idee om ’n Bybelkollege te begin, is op die sendingveld gebore. Ons het gesien hoe groot die behoefte aan opleiding vir leiers is om die roeping wat God vir hulle het, te vervul. Ná baie gebed het hierdie wonderlike reis in September 2014 begin en is RWBC gestig. Die Bybelkollege het sedertdien baie vinnig gegroei en ons gee al die eer daarvoor aan ons Hemelse Vader.

Wat kos dit om by RWBC te studeer?
Dit kos minder as R 6 500 vir ’n BA-graad van drie jaar. Tans bied ons twee graad-programme aan:
1 Baccalaureus in teologie
2 Baccalaureus in bediening
Ons sal binnekort ook nagraadse studies en ’n beradingsgraad aanbied.

Studente uit elf lande
Ons het meer as 1 200 studente uit elf lande wat by ons studeer. Hulle studeer by
kampusse of via afstandsonderrig en aanlyn-studies. Ons doelwit is om uitstekende onderrig, wat interessant en prakties is, teen bekostigbare tariewe te bied. Jy kan enige tyd jou studies begin.

Beskikbaar in Afrikaans
Die eerste jaar – waartydens die bediening-sertifikaat verwerf word – is nou ook in Afrikaans beskikbaar. Die tweede en derde jaar sal ook binnekort in Afrikaans aan-gebied word.

Gratis kursusse
Stel ons gerus op die proef. Ons bied ook tweehonderd gratis kursusse aan. Een van die gratis kursusse – Die Christelike Grondslag – is ook ons eerste module wanneer jy aanlyn studeer.

ONS PERSONEEL

Juanita McCarthy is ons nuwe skakelbeampte vir studente. Sy hanteer die inskrywingsproses vanaf die aanvanklike navrae totdat die studente geregistreer is. Sy handig die studente dan aan die fakulteit oor wat die pad verder saam met die studente stap – van inskrywing tot by die graduering.

Brian Drury is onlangs as die dekaan van die RWBC aangestel. Hy was die afgelope twee jaar ’n dosent en studentedekaan. Brian het ’n agtergrond in die regte en het sy LLB-graad, asook BA-grade in Engels en teologie aan die Universiteit van Natal (Pietermaritzburg-kampus) verwerf. Brian het ’n profetiese bediening as leraar en beskik oor sterk administratiewe en kommunikasievaardighede.

Ons ontvang voortdurend getuienisse van studente en gegradueerdes wat getuig hoe hulle leerervaring by ons hulle lewens dramaties verander het.

Besoek gerus rwbc.online om in te skryf.
Webtuiste: www. biblec.co.za


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.