-deur Errol Naidoo

Bron: Family Policy Institute of SA

9 Oktober 2019

Dit wil voorkom of die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA) die ideologie van die wêreldwye radikale aborsiebeweging ondersteun en ’n plaaslike geneesheer reeds twee jaar lank verhoed om met sy loopbaan voort te gaan, weens sy Bybelse oortuiging dat die menslike lewe met bevrugting begin.

Die RGBSA het dr. Jacques De Vos van onprofessionele gedrag aangekla omdat hy na bewering meer as twee jaar gelede aan ’n pasiënt gesê het dat ’n fetus ’n mens is. Na bewering het hy tydens sy internskapsjaar by die ginekologie-afdeling van die 2 Militêre Hospitaal in Kaapstad aborsie met die moord op ’n ongebore mens vergelyk.

Dr. De Vos se verhoor, wat aanvanklik op 27 en 28 Augustus sou plaasvind, is toe tot 3/4 Oktober in uitgestel sodat die RGBSA die vae aanklagte teen die jong dokter kon uitklaar. Die verhoor (en geregtigheid) is weer uitgestel tot 28-30 Oktober 2019.

Wat die RGBSA doen, is ’n openlike misbruik van gesag om ’n dokter vir sy standpunt oor menslike lewe te vervolg. Die RGBSA kan nie dr. De Vos se aansprake, dat die lewe met bevrugting begin, weerlê nie. In plaas daarvan skarrel hulle om die onregverdige skorsing van ’n gekwalifiseerde geneesheer vir sy Bybelse oortuigings en standpunt oor aborsie, te regverdig.

Lees gerus hier. dr. Chris Warton, ’n senior lektor in anatomie en embriologie, se kundige getuienis wat hy aan die RGBSA sal voorlê.

 CitizenGo het ‘n petisie ter steun van dr De Vos van stapel gestuur en meer as 20 000 handtekeninge van oral in Afrika versamel. As lede van die International Organization for the Family (IOF), het CitizenGo die Family Policy Institute gevra om die handtekeninge aan die RGBSA te oorhandig en daarop aan te dring dat die raad sy vervolging van dr. De Vos te laat vaar. FPI sal die petisie op 28 Oktober doen. Voeg dus jou stem by die 20 000 ander om dr. De Vos te ondersteun. Dit sal jou 30 sekondes neem.

Ek is hartseer dat slegs 20 000 burgers die moeite gedoen het om hierdie kritieke petisie te onderteken. Ek sien die massiewe reaksie en steun wat aktiviste vir seksuele regte kry wanneer hulle “regte” bedreig word. Dit is tragies dat die regte en vryhede van Bybelse Christene gereeld deur radikales vir seksuele regte geteiken word en dan slegs ’n louwarm reaksie by die Kerk uitlok wat nie werklik oortuigend is nie.

In Matteus 5: 13-16 verklaar Jesus dat Sy dissipels ‘sout en lig’ vir die wêreld is. Die uitdruklike opdrag van die Here aan gelowiges is: ““Julle is die lig vir die wêreld. ’n Stad wat op ’n berg lê, kan nie weggesteek word nie . . . Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” Om vir die menslike lewe, die huwelik, die gesin en Bybelse seksualiteit standpunt in te neem, is ’n kragtige demonstrasie daarvan om jou lig voor die mense te laat skyn.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.