-deur dr. Julio Antonio Del Marmol |PJMedia.com

Foto: (Alex Brandon AP Photo / via PJMedia)

Bron: breakingchristiannews.com

Maak oop julle oë, Amerika – die “Land van geleenthede” …

Terwyl duisende mense die strate invaar om te protesteer (’n reg wat in die grondwet verskans is), is ek bevrees dat ons die pad byster geraak het. Ons betoog vir al die verkeerde redes en beweeg al nader aan ’n sosialistiese en / of kommunistiese regering.

Ongeag hoeveel keer die regisseur Michael Moore dit sê: Kuba is nie ’n baken van hoop nie. Dit is nie ’n ekonomiese suksesverhaal nie. As ’n Kubaanse vlugteling kan ek met gesag oor die postrewolusionêre ondergang van Kuba en die afskuwelike gevolge van kommunisme debatteer. Ek is ‘n vryheidsvegter en het nie bande met enige politieke party nie.

Toe Kuba nog ’n demokrasie was
Ek is in ’n Kuba gebore, ’n land wat ’n pragtige demokrasie was. Dit het baie ooreengestem met wat ons in Amerika het. Daar was mense aan die regter- en linkerkant [van die politieke spektrum] en hulle het oor politieke idees gedebatteer; dit is egter altyd met wedersydse respek gedoen.

Haatvervulde ideologie
In die laat 1940’s en vroeë 1950’s het Kuba se politiek begin verander. Dit is deur ekstreme linkses gekaap om die goeie dinge waarvoor Kuba gestaan ​​het, te vernietig.

Soortgelyk aan wat ons nou in Amerika sien, met organisasies soos Antifa, het hierdie haatvervulde ideologie voortgegaan om aan te hits, te belaster en te vernietig. As jy nie inskiklik was nie, het hulle jou met verwerplike en neerhalende terme toegesnou – klink dit bekend?

Die gif van sosialisme
Ek het hierdie gif eerstehands ervaar en gesien hoe dit ’n hele samelewing beskadig op maniere wat niemand verwag het nie. Hoe kon dit in ’n land gebeur waar mense geleerd is, waar die samelewing goed funksioneer en alle gevestigde instellings dié wat weerloos, siek en bejaard is, beskerm. Wat het gebeur? Soos met ander groot ryke, het die land homself vernietig …

Lees die volledige berig hier.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.