-deur Chris Mitchell

Bron: cbn.com

Van die Klaagmuur van Jerusalem tot Mekka in Saoedi-Arabië, is die koronavirus besig om die Midde-Ooste te verander en mense in die streek pas by ’n nuwe “normaal” aan.

Saoedi-Arabië het besluit om toegang tot Islam se heiligste terrein te blokkeer as deel van die stryd om die verspreiding van die koronavirus te bekamp. Egipte het honderde gevalle aangemeld en dit het die toerismebedryf erg getref. Koning Abdallah II bin Al-Hussein van Jordanië het as voorsitter van ’n COVID-19-vergadering opgetree en ‘n verpligte kwarantyn geïmplementeer vir almal wat die land binnekom.

Iran is die hardste getref in die streek met meer as 988 sterftes as gevolg van die virus, waarvan sommige van die land se leiers is. Die land het Dinsdag gewaarsku dat die uitbraak ”miljoene mense” kan doodmaak.

Iran het Dinsdag nog ’n toename van 13% in gevalle gesien wat die total laat styg het tot meer as 16 000.

Seth Frantzman van die Midde-Ooste-sentrum vir verslaggewing aan CBN News het gesê die ekonomiese uitwerking op die Golfstate en Saoedi-Arabië sal wêreldwyd gevoel word.

Die vlugtelinge in die streek is in die grootste gevaar. “Baie van hulle het nie toegang tot basiese gesondheidsorg nie, en dit beteken ook dat hulle gewoonlik verhinder word om vir die virus getoets te word … Stel jou voor jy is in ’n vlugtelingkamp of in Qamishli in die ooste van Sirië. Jou kanse is baie skraal. Ek dink dit is ’n toets vir die internasionale gemeenskap, wat nie genoeg doen om al die mense wat slagoffers van konflik is, is te help nie,” sê Frantzman.

Die streek het moontlik nog nie die ergste van die virus en die uitwerking daarvan op die wêreld gesien nie.

Lees die volledige berig in Engels hier: cbn.com


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.