Deur: Daniela Ellerbeck
Bron: forsa.org.za

Die Suid-Afrikaanse Hindoe Dharma Sabha het twee regsgedinge teen plaaslike Christen-predikante in Chatsworth, KwaZulu-Natal, aanhangig gemaak.

Die Hindoe-groep het aanvanklik klagtes van crimen iniuria teen eerw. Llewellyn Joseph en straatevangelis Simeon Chetty by die polisie aanhangig gemaak vir voorvalle van “ haatspraak” wat op video opgeneem is.

Die eerste video wys waar eerw. Joseph die “ aanstootlike” verklaring gemaak het aan die einde van ‘n diens by Revival Ministries Church. Eerw. Joseph het die volgende gesê: “There’s a fear that, that curse, or those spirits are working in and through your home. And every time it comes around the Kavadi time, the previous time you just feel a heaviness come upon your family, your home. Is that person here? I want to pray for that person.”

Die tweede video is van mnr. Chetty, wat sê: ““My father was a Telugu, my mother was a Tamil and while they were growing up they said, – you know what, they have no meaning – they worship idols, they worship other gods. But I am here to tell you that the name of Jesus is above every other name. Let me ask you this question, why would a Telugu man worship Jesus? Why would a Muslim man worship Jesus? Why would every religion give their life to Jesus?”

Die Hindoe-groep het nou daarbenewens nog twee afsonderlike sake na die Chatsworth-landdroshof teen dieselfde predikante en Revival Ministries Church aanhangig gemaak. Die groep versoek die volgende:

  1. dat die verklarings tot haatspraak verklaar word ingevolge artikel 10 van die Wet op die Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie, 2000 (“die Gelykheidswet”);
  2. erken word die uitsprake lede van die Hindoe-gemeenskap se reg op waardigheid benadeel (artikel 10 van die Grondwet);
  3. dat eerw. Joseph en mnr. Chetty onderneem om nooit weer sulke stellings te maak nie en verbied word om weer sulke stellings te maak;
  4. dat beide dominee Joseph en mnr. Chetty elk 200 uur gemeenskapsdiens moet doen; en
  5. dat dominee Joseph en mnr. Chetty elk R1 miljoen skadevergoeding moet betaal aan die Suid-Afrikaanse Hindoe Dharma Sabha.

As hierdie versoek toegestaan word, is dit duidelik dat dit drastiese implikasies vir alle gelowe in Suid-Afrika inhou en dat dit ‘n baie gevaarlike presedent kan vorm vir godsdienstige verklarings in Suid-Afrika.

Freedom of Religion South Africa (FOR SA) se waarskynlike betrokkenheid as vriend van die hof

Beide die grondwetlike reg op godsdiensvryheid (artikel 15 van die Grondwet) sowel as die reg op vryheid van uitdrukking (artikel 16 van die Grondwet) word betrek en sal direk geraak word deur die uitspraak van die hof in albei hierdie aangeleenthede.

FOR SA het geskryf om aan te dui dat hy  van voorneme is om ‘n vriend van die hof te wees (bekend as ‘n amicus curiae) in beide aangeleenthede om die hof van belangrike regsinligting en regsargumente te voorsien oor die regte op godsdiensvryheid en vryheid van uitdrukking. Dit is veral relevant omdat die definisie van haatspraak in artikel 10 van die Wet op Gelykheid in November verlede jaar deur die appèlhof ongrondwetlik verklaar is. Die konstitusionele hof het vandeesmaand die saak aangehoor om te besluit of dit die uitspraak van die appèlhof bekragtig al dan nie. Die konstitusionele hof se uitspraak is nog hangende.

Partye word aangemoedig om te bemiddel

FOR SA glo ook dat dit belangrik is om te erken dat Suid-Afrika ‘n nasie is met verskeie kulture, rasse, godsdienste, ens. Hierdie pluraliteit sluit ook ‘n beduidende verskeidenheid geloofsoortuigings en die uitdrukking daarvan in. Die aanhef van ons Grondwet voorsien ‘n ‘Suid-Afrika [wat] behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons verskeidenheid’, en ons howe het bevestig dat dit beteken dat ons ons diversiteit vier en dit nie net duld nie. Die konstitusionele hof het beslis dat artikel 15 van ons Grondwet (wat spesifiek elkeen se “reg tot vryheid van gewete, godsdiens, denke, geloof en mening” beskerm) nie net die reg van ‘n persoon verskans om te glo soos hulle wil nie, maar ook om hul oortuigings in die openbaar te verklaar en dit te beoefen (selfs al is dit “bisar, onlogies of irrasioneel”) sonder om bang te wees vir vervolging. Daarom geniet almal (hetsy Hindoe, Christen, Jood, Moslem of enige ander geloofsoortuiging) die reg om hul godsdiens vryelik en in die openbaar te beoefen – hetsy deur aanbidding of deur hul oortuigings te onderrig en te versprei (d.w.s. om ander van hulle oortuigings te vertel).

Dit is dus uiters ongewens om ‘n saak wat ‘n konflik tussen twee gelowe wat gelyke beskerming geniet, aan te hoor. In wese word die hof gevra om tussen twee wêreldbeskouings te beslis en ‘n “presedent” te stel vir ander soortgelyke sake in die toekoms. FOR SA glo dus dat ‘n baie beter en verkieslike benadering sal wees om die geskil deur bemiddeling op te los. In hierdie verband het ons spesifiek die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Taalkundige Gemeenskappe (KGTKommissie) genader omdat dit ook as ‘n respondent in albei gevalle genoem word. Ons het die KGT-kommissie versoek en aangemoedig om hierdie rol te vervul . Die KGT-kommissie is spesifiek vir hierdie taak geskep om “vrede, vriendskap, menslikheid, verdraagsaamheid en nasionale eenheid onder en binne … godsdienstige … gemeenskappe te bevorder op grond van gelykheid, niediskriminasie en vrye assosiasie, en om wedersydse respek tussen … godsdienstige … gemeenskappe te bevorder “.

FOR SA sal die verwikkelinge in albei sake noukeurig dophou ingeval hierdie aangeleenthede nie suksesvol bemiddel word nie en na die gelykheidshof geneem word.

Foto: unsplash.com

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


13 Oktober 2020

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.