Bron: Reformatorisch Dagblad

Die Dooie See-rolle, wat in 1947 ontdek is, bevat die oudste manuskripte van die Ou Testament en word die argeologiese ontdekking van die twingtigste eeu genoem. In ’n artikel van Reformatorisch Dagblad is die skrywers van die boekrolle bespreek nadat ’n ondersoekspan die “kode” van die Dooie See-rolle “gekraak” het.

Die navorsingskoördineerder Mladen Popović van Groningen het dit as “’n internasionale deurbraak” bestempel. Hy werk al jare lank met sy projek, “The Hands that Wrote the Bible”, om die Dooie See-rolle verder te ontsyfer met behulp van die rekenaar en die modernste foto- en handskriftegnieke. Hy word bygestaan deur Lambert Schomaker, hoogleraar in rekenaarwetenskap en kunsmatige intelligensie aan die Universiteit van Groningen.

Volgens die artikel het die span gewerk om ondersoek in te stel na die “biomeganiese eienskappe” van die teks – die manier waarop iemand ’n pen vashou, hul handskrif kan beïnvloed. Daar is gefokus op een van die boekrolle: die beroemde groot Jesaja-boekrol. Die handskrif op hierdie boekrol lyk uniform, hoewel daar bespiegel word dat twee skrywers met ’n soortgelyke styl betrokke was.

Wat is spesiaal aan hierdie ontdekking?

Volgens Popović bied dit ’n unieke blik op die verre verlede en die ingewikkelde verbintenisse tussen die skrywers van die boekrolle. “Ons neem nou vir die eerste keer op mikrovlak kennis van diegene wat voorheen anoniem was. Ons verwag antwoorde op vrae soos: Het die skrywers dieselfde opleiding gehad om te kan skryf, wat was hul taalvaardigheid, het hulle meer as een taal geken, was hulle deel van verskeie groepe, ensovoorts? In hierdie studie het ons bewyse gevind dat die twee skrywers van die Jesaja-boekrol ’n soortgelyke styl gebruik, wat daarop dui dat hulle soortgelyke skrifopleiding gehad het. Ons volgende stap is om ander boekrolle te ontleed en te kyk of ons skrywers met ‘n ander opleiding daar kan vind,” lui die Reformatorisch Dagblad-berig.


22 April 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.