Bron: Christian Post

Meer as 100 studente en personeel van ’n musiekskool in China is 24 uur lank aangehou en ondervra, berig die Christian Post. Die hoof van die skool, direkteur Xu, is in hegtenis geneem toe hy sy eie kind skool toe gebring het. Die kind is terug huis toe geneem en Xu na die polisiekantoor.

Daar is ook beslag gelê op klaviere, rekenaars en allerhande dokumente. Die skool is vir kinders jonger as 18 jaar en is daarop gemik om Christelike musikante op te lei. Dit is onbekend waar die skooldirekteur Xu homself nou bevind. Sommige onderwysers van die skool word ook nog steeds ondervra.

Die skool vra geld vir die lesse en kan dus gedagvaar word vir “onwettige onderwys”. “Daar was die afgelope jaar twee polisie-klopjagte op Xu,” het ’n vriend van hom aan Epoch Times gesê. “Sy telefoon word ook voortdurend afgeluister. Ons weet nie waar hy tans is nie.”

Foto ter illustrasie: (Zhou Kang) / Pexels


14 September 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.