-deur Gillian Fraser

5 November 2019

Kanye West is deesdae gedurig in die nuus in die Christelike wêreld oorsee sedert sy openbare bekering vroeër vanjaar. Baie Christene was skepties, aangesien Kanye homself gevestig het deur sy sekulêre musiek en ’n sekulêre leefstyl. West volg sedertdien die reguit pad en is al hoe meer uitgesproke oor sy geloof in Jesus.

Hy het onlangs sy nuutste album, Jesus Is King, bekendgestel en aangekondig dat hy die sekulêre bedryf verlaat het nadat hy hom tot Christus bekeer het. Hy gaan nou slegs gospelmusiek produseer wat God verheerlik

Onlangs het West vir ’n massiewe advertensiebord op Times Square in New York betaal. Die Advertensie het verklaar: “JESUS IS KING”

Na aanleiding van die aandag wat West se nuutste album ontvang het, het Google ’n styging in geloofsgebaseerde soektogte gerapporteer, met miljoene luisteraars wat miskien nie voorheen die kerk bygewoon het nie, maar na die leringe van Jesus geluister het. Volgens Bible Gateway het aanlynsoektogte na Skrifgedeeltes en geloofsgebaseerde frases in die liedjies skerp gestyg sedert die album aan die einde van Oktober bekendgestel is.

By West se onlangse konsert in Los Angeles het meer as 2 000 konsertgangers hul harte aan Christus gegee. Shawn Bolz, Amerikaanse profetiese predikant, het gesê: “It is a Game-Changer for Gospel Outreach.”

Ons gunstelingliedjies van Kanye se album is Selah en Use This Gospel.

In Selah beklemtoon Kanye dat God die Koning is en ons Sy soldate. Kanye kletsrym die Skrif en fokus op Johannes 8:33 en Johannes 8:36. Kanye sing:

They say the week start on Monday
But the strong start on Sunday

Won’t be in bondage to any man
John 8:33
We the descendants of Abraham
Ye should be made free
John 8:36
To whom the son set free is free indeed

He saved a wretch like me

In Use this Gospel, moedig West gelowiges aan om op Christus te vertrou en om dit te geniet om in die krag en vryheid van verlossing te leef.

In die lied sing hy:

Use this gospel for protection
It’s a hard road to Heaven

We call on Your blessings
In the Father, we put our faith
King of the kingdom
Our demons are tremblin’
Holy angels defendin’
In the Father, we put our faith


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.