Bron: The Christian Post.

’n Kerkdiens in Nigerië is deur lede van die militante Fulani-stam ontwrig. Vier vroue uit die gemeente is ontvoer en een man het gesterf. Die nuus is deur die Nigeriese regering bevestig, berig The Christian Post.

Swaar gewapende mans het die kerkdiens van die Haske Baptistekerk binnegeval. Die kerkdiens, wat in Manini is deur Charity Musa, Rose Zacharia, Alheri Bala en Liatu Zakka bygewoon. Laasgenoemde is ’n weduwee nadat haar man vroeër in ’n aanval deur die Fulani-stam gesterf het. Die vier vroue is ontvoer  en twee mense is raakgeskiet. Zakariya Doga Yaro is aan sy beserings dood.

Geweld is op sommige plekke in Nigerië aan die orde van die dag. In Februarie  is 317 meisies uit hul skool ontvoer, waarna hulle ’n paar weke later vrygelaat is. In die laaste twee weke van 2020 was meer as 200 mense die slagoffers van Moslem-terreurgroepe soos Boko Haram, ISWAP (Islamitiese Staat van Wes-Afrika) en die Fulani-stam.

Lees die volledige berig by The Christian Post.


3 April 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.