Bron: Evangelical Focus

Sowat 26 miljoen mense in Indië is met die koronavirus besmet en 312 000 Indiërs is reeds oorlede. Dit lyk of die situasie versleg en daarom is die Calvary Temple Church in ’n noodhospitaal omskep. Driehonderd hospitaalbeddens is in die kerk geplaas, waarvan vyftig beddens suurstof aan pasiënte kan voorsien, berig Evangelical Focus.

Satish Kumar is die predikant van die evangeliese kerk wat nie verbonde is aan enige spesifieke denominasie nie. Hy sê dat almal welkom is wat aanklop vir hulp, ongeag hulle afkoms, kaste of godsdiens.

“Die reaksie was oorweldigend. Mense voel dat hulle in God se teenwoordigheid in Sy tempel is. Die meeste mense hier bid en bemoedig mekaar. Dit is wonderlik om die liefde van God aan behoeftiges te kan betoon,” sê hy.

Die kerk help nie net koronapasiënte nie. Volgens die The Christian Post is daar tot dusver ongeveer 800 ton voedsel uit die kerk versprei en 37 000 gesinne het kos ontvang wat hulle ’n maand lank kan voed. Dit is ongeveer drie miljoen maaltye.


2 Junie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.