22 Mei 2019

Deur Tré Goins-Phillips

’n Kerk Engeland word ondersoek nadat die priester glo aangebied het om prente van Jesus en kruise in die gebou te bedek sodat Moslems die ruimte kan gebruik om Ramadan te vier.

Eerw. Lissa Scott en die voormalige burgemeester van Darlington, Gerald Lee, het verlede week die plan vir die St. Matthew- en St. Luke-kerk uitgedink, berig The Sunday Times.

Al die kruise en prente van Jesus in die gebou sou vir die duur van die “Geleentheid vir Eenheid” bedek word.

Volgens ’n afskrif van die vergadering se notule, wat deur die Times hersien is, sou ’n ry stoele in die kerk ook verwyder word sodat Moslem-mans hulle gebede daar kan doen en kruise en ikone in kamers bedek word, sodat die Moslem-dames daar kan bid.

Die bisdom van Durham het kort daarna gereageer en die kerk in kennis gestel dat dit nie as gasheer mag optree vir ’n Moslem-geleentheid in die Kerk van Engeland se gebou nie.

’n Woordvoerder van die bisdom van Durham het aan Premier gesê: “Hoewel dit noodsaaklik is om goeie intergeloofverhoudinge te handhaaf, is dit duidelik dat nie-Christelike geloofsgroepe nie toegelaat kan word om hulle godsdiensaanbidding binne ’n geheiligde gebou van die Kerk van Engeland te doen nie.”

Die woordvoerder het na die kerkwet verwys wat verbied dat geleenthede in die kerk gehou word waar aanbidding beoefen word wat “teenstrydig is met die doktrine van die Kerk van Engeland met betrekking tot enige fundamentele sake.”

“Daar was aanvanklik ’n mate van misverstand hieroor,” het die woordvoerder bygevoeg, “maar dit is nou opgelos, met planne vir Moslem-gebede wat in ’n nabygeleë gebou gehou kan word. Die hele gemeenskap sal dan daarna byeenkom vir ’n feestelike maaltyd binne die kerk.”

Foto: Thuong Do / Unsplash


Bron: faithwire.com

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.