Bron: Christian Post

Die Bybelse temapark Ark Encounter in Kentucky brei uit. Benewens die reusagtige Noag-ark wat reeds daar te sien is, word daar ook nou beplan om ’n replika van die toring van Babel te bou. Die toring gaan binne drie tot vier jaar gebou word met behulp van donasies, berig die Christian Post.

“Volgende jaar begin ons met fondsinsameling vir die Toring van Babel. Ons hoop dat ons dit binne drie tot vier jaar sal kan open. Die toring sal die oorsprong, taal en DNS van mense oral in die wêreld verklaar, “ sê Ken Ham, die uitvoerende hoof van Ark Encounter.”

Daar word ook ’n skaalmodel van antieke Jerusalem bekendgestel wat vanaf volgende jaar vir besoekers oopgestel sal word. Die temapark van $100 miljoen in Kentucky ontvang reeds weer dieselfde aantal besoekers as voor die koronapandemie. Saterdae kom ongeveer 7 000 besoekers na die park.


13 Julie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.