Deur: Donnelly McCleland
Bron: incontextinternational.org

Amerika het verlede week die negende Beraad van die Amerikas in Los Angeles, Kalifornië, aangebied. Kwessies m.b.t. klimaatsverandering, gesondheid, energie, migrasie en ekonomiese herstel is bespreek by díé forum wat bedoel is om die streek se gedeelde uitdagings en geleenthede op te los.

Amerika se president Joe Biden het ook gepoog om vir lande in Latyns-Amerika en die Karibiese eilande ’n alternatief tot China te bied. Dit sal groter Amerikaanse ekonomiese betrokkenheid behels, insluitend meer beleggings en die voortbou op bestaande handelsooreenkomste. Slegs 21 leiers is verteenwoordig nadat ’n handjievol leiers (soos dié van Meksiko en die Sentraal-Amerikaanse lande El Salvador, Guatemala en Honduras) die beraad geboikot het weens die uitsluiting van Kuba, Venezuela en Nicaragua – wat van menseregte skending en ’n gebrek aan demokrasie beskuldig word.

Op die eerste dag van die beraad (6 Junie) het ’n karavaan migrante van sowat 4 000 tot 5 000 mense, meestal van Sentraal-Amerika, Venezuela en Kuba, vanaf die suide van Meksiko na Amerika begin beweeg. Die volgende dag het Amerika se visepresident Kamala Harris die jongste poging aangekondig om migrasie uit Sentraal-Amerika te stuit, naamlik dat $1,9 miljard van private sektor-finansiering ontvang is om tienduisende werksgeleenthede in El Salvador, Guatemala en Honduras te help skep.

Planne om geslagsgebaseerde geweld te bekamp en die jeug te ondersteun deur die sogenaamde “Central American Service Corps” sal ook deur Amerikaanse hulp gefinansier word. Amerika het gehoop om verlede maand ’n omstrede grensbeleid bekend, Titel 42, te beëindig, maar ’n federale regter het ’n stokkie daarvoor gesteek. Die beleid stel Amerikaanse owerhede in staat om die meeste mense wat by die grens aankom, weg te wys sonder om ’n geleentheid vir hulle ook vir asiel aansoek te doen.

Tydens die beraad het pres. Biden verklaar dat “ons ons grense sal afdwing deur innoverende, gekoördineerde optrede in samewerking met ons streeksvennote” en dat “veilige en ordelike migrasie goed is vir al ons ekonomieë, insluitend Amerika s’n. Dit kan ’n katalisator vir volhoubare groei wees. Maar alle onwettige migrasie is onaanvaarbaar.”

Vanuit ’n Christelike perspektief

Volgens die Verenigde Nasies se vlugtelingagentskap (VNHKV) het die getal vlugtelinge en asielsoekers van Sentraal-Amerika die afgelope vyf jaar die hoogte ingeskiet. Dit is grootliks te wyte aan sowel die toename in misdaad en geweld wat deur dwelmkartelle en bendes aangevuur word as gebrekkige regeringsinstellings.

Die uitwerking van klimaatskwessies en die COVID-19-pandemie het ook ’n rol gespeel dat baie mense hulle tuiste verlaat het in die hoop om ’n beter toekoms in Amerika en elders te vind. Beduidende Sentraal-Amerikaanse lande soos Honduras, Nicaragua en Guatemala, wat ’n groot bron van asielsoekers oplewer, was egter nie by die beraad verteenwoordig nie. Boonop was Venezuela – wat steeds verantwoordelik is vir die tweede meeste verplasings ter wêreld – ook nie verteenwoordig nie. So ook Meksiko, wat ’n noemenswaardige toename beleef in migrante wat om asiel aansoek gedoen het.

Meksiko het ’n historiese rekord van meer as 130 000 nuwe asielaansoeke in 2021 gehad; moontlik as gevolg van strenger grensbeheer en stadiger verwerking van aansoeke in Amerika. Om streeksmigrasiekwessies doeltreffend te hanteer, sal deelname van onder andere hierdie twee sleutel Latyns-Amerikaanse lande vereis.

Ongeag die politieke reaksie op migrasie, bied die voortdurende (en in baie gevalle toenemende) verplasing van mense ’n geleentheid vir die Kerk in Amerika en Latyns-Amerika om uit te reik en in die behoeftes van desperate mense te voorsien. Volgens ’n kontak van INcontext in Latyns-Amerika was kerke in die streek proaktief om ’n versorgingsrol te vervul en dien as primêre bron van liggaamlike en geestelike ondersteuning vir migrante wat deur Latyns-Amerikaanse lande reis. Matteus 25:40 sê: “En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’”

Bid asseblief saam met ons vir die volgende:

  • Bid dat Amerika en Latyns-Amerika die ooreenkomste wat by die beraad gesluit is, suksesvol sal handhaaf en implementeer;
  • dat alle betrokkenes sal saam werk om baie belangrike streekskwessies, soos migrasie, op so ’n wyse te hanteer dat dit God behaag;
  • dat die Kerk in Latyns-Amerika sal voortgaan om migrante fisies en geestelik te dien en sodoende die liefde van Christus sal demonstreer.

20 Junie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org