-deur Patrick Simons

Bron: cip.nl

10 Januarie 2020

Kayne West het groot planne met sy Sunday Service. In 2019 het die Sondagdienste wat hy gereël het, reusagtig uitgebrei. Die dienste, waarin gospelmusiek sentraal staan, is uiters gewild en versprei oor die hele Noord-Amerika. Maar West het baie groter planne. Volgens TMZ wil hy dit ook na Afrika en Europa uitbrei.

West het bekendheid as ’n kletsrymer verwerf, maar die gereelde konserte en albums is nou iets van die verlede. Hy wil nie meer sekulêre musiek vervaardig en verkoop nie. Volgens verskeie bronne wil West hom slegs besig hou met die verspreiding van God se Woord deur sy gewilde Sunday Service. Daarom is hy besig met konkrete planne om met hierdie beweging na Afrika en Europa te gaan.

Intussen werk hy ook aan ’n nuwe gospelalbum, terwyl sy vorige album pas bekendgestel is. Net voor Kersfees het hy die album, Jesus is born, saam met sy gospelkoor bekendgestel.

Hoe die Sunday Service in Afrika en Europa sal lyk en waar dit sal plaasvind, is nog nie bekend nie.

West het die vermaaklikheidswêreld verlede jaar geskok deur openlik oor sy radikale bekering te getuig en het in die proses gehelp om duisende na Christus te lei.

Nadat die megastar sy nuwe album, Jesus is King, bekendgestel het, was daar ’n groot toename in Google-soektogte soos “What does Kanye believe?”

Die Amerikaanse Bybelgenootskap het belowe om ’n gratis Bybel aan enige nuuskierige Kanye-aanhanger te stuur wat meer wil weet oor sy besluit om Christus te volg . Die Amerikaanse Bybelgenootskap het verlede jaar in minder as twee weke 6 000 Bybels gratis aan Kanye West-aanhangers oor die hele wêreld gestuur.

By West se konsert in Los Angeles verlede jaar het meer as 2 000 konsertgangers hul harte aan Christus gegee.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.