Bron: CBN News

Jy kan deesdae in China al te maklik bydra tot die “kanselleerkultuur” deur ’n eenvoudige toep te gebruik. Die Kommunisteparty het ’n toep bekendgestel waarmee mense wat ’n “verkeerde mening” te rapporteer. Hiermee wil hulle die vorming van ’n “gewenste openbare mening” stimuleer, berig CBN News. Christelike standpunte word nie hierby ingesluit nie, want die Chinese Kommunisteparty beskou geloof as ’n bedreiging vir die mag van die staat.

Die kanselleerkultuur is ’n sosiale verskynsel waarmee mense wat ’n “ongewilde” mening of oortuiging lug of handhaaf deur die samelewing “gekanselleer” word. Hulle word op sosiale media van sekere kanale geblokkeer of selfs verban, maar dit is ook moontlik dat mense bloot die “omstrede: persoon, produk of sakebedryf boikot weens ’n stelling of standpunt. In die Westerse kultuur hou dit hoofsaaklik sosiale en maatskaplike gevolge in, maar in China gaan die gevolge van hierdie kansellasiekultuur veel verder as die verlies van ’n paar volgelinge op sosiale media.

Deur mense via die toep aan te meld, kan hulle vervolg of in hegtenis geneem word. Christene wat Christelike beskouings of Bybeltekste op die internet deel, loop gevolglik nog ’n groter risiko. Die arrestasie van Christene vir aanlyn gedrag is niks nuuts nie. Onlangs het ’n Chinese Christen 15 maande in die tronk deurgebring omdat hy ’n aanlyn verklaring oor ’n kommunistiese leier in ’n groepklets gemaak het.


27 April 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.