Deur: ds. Dubois du Toit (sr.)
Bron: Artikel verskaf

Baie is die laaste paar jaar geskryf oor die Algemene Sinode (AS) van die NG Kerk se besluit in 2019 oor selfdegeslagverhoudinge wat vasgeloop in ons “ruim huis” is. Maar eintlik het die AS ’n baie groter ruim huis ingedagte en min mense besef hoe ruim die AS dink.

Droom Scenario 2030 se oogmerke

Met die Droom Scenario 2030 van die AS in beplanning, word daar van ’n reuse-nuwe kerklike verband gedroom as alternatief tot die huidige NG Kerk, want dit moet Reformerend-ekumenies wees, inklusief en relevant om hedendaagse lewenskrisisse aan te spreek, vloeibaar in ’n postmoderne wêreld sodat besluite, aksies en prosesse nie deur modernistiese, patriargale hiërargieë verhinder word nie.

Dit sal ’n nuwe, getransformeerde gemeenskap wees soos Jesus se bedoeling met Sý kerk as Sý liggaam (Joh 17, Ef 4). Hierdie “Een Liggaam van Reformerende geloofsgemeenskappe” kan begin met vyftien geloofsgemeenskappe in Suidelike Afrika wat reeds in verhouding staan met die NG kerk uit sendingywer en samewerkingsvennootskappe. Die NG-kerkverband sal dus hierdeur opgeskort word.

Wat is die implikasies?

Ek pleit dat die AS vir elke lidmaat in die NG Kerk op voetsoolvlak van inligting sal voorsien en oor die implikasies sal inlig om so gou moontlik oor die skok kom en te rou oor dinge soos byvoorbeeld inklusiewe taal, eiendomme en bates vir almal se welsyn, watter belydenisgrondslag – byvoorbeeld Belhar gevolg sal word, die NG Kerk se naam wat gaan verander, diversiteit in liturgie en Woordverkondiging en sinodale strukture wat kan verander.

Wat gaan opgeoffer word?

’n Gereformeerde eksklusiewe kerk gegrond in die Woord en Belydenisskrifte waar “sonde, verlossing en dankbaarheid” ons identiteit vorm, sal in ’n ruim, inklusiewe huis plek moet maak vir relevante, etiese en dogmatiese verskille oor aborsie, genadedood, selfdegeslagverhoudings, seksuele oriëntasie en -identiteit, saamwoon, die bestaan van die duiwel, eenheid, versoening, geregtigheid – almal se Skrifbeskouings sal in ewewig gehou moet word. 

As lidmate dit solank kan verwerk, hoef dit nie deur die AS afgedwing te word nie en kan elke lidmaat self ’n ingeligte besluit hieroor neem.

Ds. Dubois du Toit (sr.) is ’n leraar van die NG Kerk in Kestell (Vrystaat).


23 Junie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org