Bron: cbn.com

Die weltergewigbokser, Manny Pacquiao, is besig om hom voor te berei vir sy volgende geveg in die bokskryt wanneer hy teen Errol Spence jr. te staan sal kom. Maar die kampioenbokser gaan moontlik ook deelneem aan die politieke stryd vir die amp as president van sy land, die Filippyne, berig CBN News.

Bespiegeling hieroor volg op die Pacquiao se onlangse kritiek van die huidige president, Rodrigo Duterte. Pacquiao, wat reeds ’n senator is, het Duterte onder meer van korrupsie beskuldig.

Pacquiao het gesê dat hy nie sal aankondig of hy hom verkiesbaar gaan stel vir die president tot ná die titelgeveg teen Spence volgende maand nie.

“Ek het nie ’n bokser geword om in gevegte van slegs vier of tien rondtes te veg nie. Ek het begin boks om ’n wêreldkampioen te word,” het hy aan ABS-CBN News gesê.

Pacquiao is ’n uitgesproke en toegewyde Christen en het verder gesê: “As dit God se wil is, sal ek my taak verrig as ek daar uitkom [die presidentskap].”

Die volgende presidensiële verkiesing is eers in Mei 2022. ’n Goeie oorwinning oor Spence, ’n onoorwonne wêreldkampioen in die weltergewig en tien jaar jonger as Pacquiao, sal Pacquiao se planne om die president te word, ’n hupstoot gee.


26 Julie 2021

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.