Artikelbron: Love City Fest

4 September 2019

Kaapstad maak gereed vir die Love Cape Town City Fest wat in November oor drie naweke in drie groot voorstede gehou sal word.

Die eerste byeenkoms sal op 2 November in Mitchells Plein gehou word. Die tweede byeenkoms sal op 9 November in Khayelitsha plaasvind en die derde geleentheid 16 November by die Parade in Kaapstad.

Twee van die belangrikste borge vir die byeenkomste is African Enterprise en die Luis Palau Association. ’n Hele aantal plaaslike Christelike organisasies, waaronder radiostasies, het ook hul steun toegesê aan die Love Cape Town City Fest.

African Enterprise se missie is om lewens te red deur die Goeie Nuus van Jesus aan mense in Afrika te bring. Ondersteuners van African Enterprise het oor die afgelope 40 jaar gehelp om vrede, versoening en hoop vir Afrika-lande te bring met hul gereelde ondersteuning, gebed en skenkings.

Die ander borg is die Luis Palau Association wat vir meer as 50 jaar van bediening bekend is vir sy toewyding aan die Woord van God en die suiwer lering van Jesus Christus. Luis is ’n dinamiese evangelis en leraar en leef in toegewyde diens aan God terwyl hy die lewensveranderende boodskap van Jesus Christus verkondig.

Die Palau-vereniging het die geleentheid gehad om saam met duisende kerke in honderde stede wêreldwyd te werk, waaronder nege wêreldstede: Londen, Hongkong, Singapoer, Chicago, Moskou, Madrid, Meksikostad, Buenos Aires, Washington DC en nou ook vanjaar, Kaapstad. Daar is al groot evangelisasiefeeste op vyf kontinente aangebied.

Theuns Pauw van African Enterprise sê: “Dit is ’n beroep op alle broers en susters in Christus om ter wille van die Evangelie in Kaapstad te verenig. Ons vra dat jy sal begin intree vir vriende wat die Here nodig het en hulle uitnooi na ’n geleentheid waar hulle Jesus sal kan ontmoet. God het ons geroep om die stede van Afrika te evangeliseer deur woord en daad, in vennootskap met die kerk. ”

Hoewel die gebeure eers oor ’n paar maande sal plaasvind, sal daar reeds toerustingsessies in die aanloop tot die November Love Cape Town City Fest gehou word. “Wees gereed om die Evangelie saam met ons na skole, hospitale, gevangenisse, fabrieke, werkplekke en van deur tot deur te neem. Die oes is volop, maar die arbeiders is min,” het Pauw bygevoeg.

Pastoor Barry Isaacs het gemeentelede van alle denominasie genooi. “Ons nooi die kerk oor al die denominasies heen, mense uit elke kultuur, ‘’n ieder en ’n elk om hulle by ons aan te sluit vir die November-geleentheid, maar ook vir al die voorafgaande gebeure.”

Pastoor Thandi Hlobo het bygevoeg dat “God jou daar wil ontmoet.”

Graham Power sê: “Ons moet almal byeenkom. Dit is die grootste uitreik oor die afgelope tien of twintig jaar waarvan ek bewus is.”

Power is die stigter en voorsitter van die Power Group en het ’n groot uitwerking gehad deur sy sake- en gemeenskapsbetrokkenheid, hier sowel as in die buiteland. Die Power Group is een van Afrika se toonaangewende konstruksieondernemings. Power is ook agter die Unashamedly Ethical-veldtog wat die kultuur van korrupsie op die vasteland en in ander lande uitdaag. Die Christen-sakeman was ook die voorsitter van die Global Day Of Prayer.


VRYWARING: Joydigital-nuus  ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsluitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.