Bron: biblesa.co.za

Gebruik jy ’n digitale weergawe van die Bybelgenootskap se Bybels op die YouVersion-platform? Dit is een van die maklikste en toeganklikste maniere om verskeie Afrikaanse vertalings in die palm van jou hand te hê.

Die missie van die Bybelgenootskap is om bekostigbare Bybels vir almal in hulle eie taal en in geskikte formate beskikbaar te maak sodat almal toegang tot die Woord van God kan hê.

“Ek ag myself werklik bevoorreg om my eie Bybel te kan besit wat my die Goeie Nuus van Jesus Christus vertel. Dit is hoekom Bybelverspreiding my so na aan die hart lê. Ons móét hierdie Goeie Nuus met almal deel,” se ds. Dirk Gevers, die uitvoerende hoof van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

“Ons is besig met die werk van God, maar kan dit nie alleen doen nie,” gaan hy voort. Ons benodig die voortdurende ondersteuning van ons mede-Suid-Afrikaners wat bid, donasies gee en help om fondse in te samel vir ons saak. Dit is hulle prysenswaardige pogings wat dit vir ons moontlik maak om Bybels beskikbaar te maak aan diegene wat dit regtig nie kan bekostig nie: die armstes van die armesdie gevangenes en baie ander. Ek nooi jou uit: word deel van ons missie. Word ’n saaier van hoop.”

Besoek gerus Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se webtuiste vir die wonderlike hulpmiddels wat dit kerke en Christene bied en oorweeg dit om vandag ’n donasie te maak ten bate van een van tien projekte waarmee die genootskap tans besig is.


19 Februarie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.