-deur Patrick Goede

Bron: cip.nl

8 Januarie 2020

Justin Bieber het vir ’n wyle teruggetree en sy wêreldtoere gestop. Hy het daardie tyd gebruik om met die model en medegelowige, Hailey Baldwin, te trou. Hy het ook rus en vrede gevind in sy geloof in God.

“As mens beleef ons bergpieke en valleie, daar is soveel seisoene in hierdie lewe. Soms wil ons tou opgooi,” sê Bieber in die lokprent van die dokumentêre reeks wat binnekort op YouTube sal verskyn.

Die reeks sal op 27 Januarie bekendgestel word en sal dan elke Maandag en Woensdag aanlyn beskikbaar wees.

“Ek hoop dat baie mense na hierdie reeks sal kyk en bemoedig word om hul probleme te bowe te kom. God het groot planne vir elkeen van julle,” sê Justin op Instagram.

Justin se bestuurder, Scooter Braun, is ook verheug oor Bieber se ontwikkeling: ” … Hy het tyd ingeruim om volwasse te word, te trou en is nou gereed om homself weer deur sy musiek uit te druk.”

Die lokprent bevat materiaal van die troue en ateljeesessie van Justin Bieber se eerste album in vier jaar.

[Vir ’n interessante artikel, “Wat moet ons reaksie wees op beroemdes wat Christene word?” Koop gerus die Januarie-uitgawe van JUIG! wat nou op die rakke is.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.