10 Julie 2019

Die krieketspeler, JP Duminy (35), het na afloop van die Eendag Internasionale Krieket-wêreldbekertoernooi sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig. (Hy het reeds voor die Wêreldbekertoernooi sy uittrede uit alle internasionale eendagkrieketwedstryde aangekondig.)

Hy het die Here en sy aanhangers op Twitter bedank.

In Duminy se laaste wedstryd vir die Proteas het die span Australië met 10 lopies geklop en hulle toernooi op ’n hoë noot afgesluit, maar ongelukkig nie goed gevaar in die 2019-krieketwêreldbeker nie.

Die veelsydige speler, wat reeds in 2017 uit toetskrieket getree het, sluit 300 internasionale wedstryde in met bykans 10 000 lopies en 132 paaltjies wat hy geneem het.

Duminy sal onthou word vir sy bydrae tydens sy debuut in 2008 toe hy 166 lopies teen Australië behaal het tydens die tweede toetswedstryd in Melbourne.

Hy het in 2013 tot bekering gekom en het openlik in die media oor sy geloof getuig. “Ons was op ’n kriekettoer in Sri Lanka en ek, AB de Villiers, Faf du Plessis en David Miller het saam ’n Bybelstudie in die nasionale span begin. Een van die sessies het oor ‘verlossing’ gegaan en ter afsluiting van die hoofstuk was daar ’n uitnodiging om jou lewe aan God oor te gee. Daardie aand het al vier van ons ons lewens aan hom oorgegee, het hy getuig.

“Ek het die geleentheid en ervaring wat ek gehad het, terdeë geniet. Dit gaan nie oor jou lopies of die paaltjies wat jy geneem het nie – dit gaan oor die persoon wat jy is,” het hy gesê.

Foto: PA Images RealTime Images


Bron: thesouthafrican.com

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.