-deur Jeffrey Schipper

Bron: cip.nl

7 Januarie 2020

Vlak voor die première van die Netflix-reeks, Messiah, in Jordanië, het die koninklike filmkommissie (RFC) van Jordanië Netflix versoek om die reeks van die Jordaniese platform te verwyder, berig ANP. 

Messiah is in Jordanië verfilm en is sedert 1 Januarie wêreldwyd te sien. Die verhaal handel oor ’n geheimsinnige man en ’n CIA-agent wat moet uitvind of die man ’n “nuwe Christus” of ’n swendelaar is wat die wêreldorde sal versteur.

“Die verhaal sowel as die karakters is pure fiksie,” sê Mohannad al-Bakri, direkteur van RFC. “Tog is die RFC van mening dat die inhoud van die reeks as ’n skending van die heiligheid van godsdiens geïnterpreteer kan word en dit is dus moontlik in stryd met die wette van ons land.” 

’n Woordvoerder van Netflix het aan The Wrap gesê dat Messiah op fiksie gebaseer is en nie op ’n spesiale karakter of godsdiens nie.

[Daar is ’n beroep vanuit verskeie kringe gedoen dat mense hulle Netflix rekening moet sluit uit protes teen die reeks.]


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.