-deur Jared Laskey

Foto deur Spencer Platt / Getty Images

Bron: faithwire.com

7 Oktober 2019

Daar was die afgelope twee jaar wêreldwyd ’n toename van haatmisdade teen Jode. Dit het veral in groot Europese stede voorgekom. Verlede maand het die Verenigde Nasies (VN) ’n verslag bekendgestel oor die toename van hierdie aanvalle.

Joodse leiers het verlede week in New York byeengekom om hierdie saak te bespreek en gesê dat Jode nie die enigstes sal wees wat geteiken word nie.

Joel Rubinfeld, die president van die Joodse koalisie van Koerdistan, het verlede Augustus aan CBN News gesê: “ Dit is net die begin. Ons weet dit. Ons weet dit van anti-Semitiese gedrag … Hulle begin by die Jode, maar dit eindig nooit daar nie.”

Rubinfeld glo dat die anti-Semiete, die Christene volgende sal teiken. In die Midde-Oosterse lande is daar vervolging teen Christene. Die anti-Semitiese aanvalle hou volgens die verslag van die VN verband met, “ontkenning van Israel” en die BDS-beweging (Boycott Divestment Sanctions) onder leiding van die Palestyne wat alle Israeliese produkte probeer boikot.

In Amerika was daar die aanval op die Tree of Life-sinagoge in Pittsburgh, PA, wat volgens hom “die dodelikste aanval op Jode in die Amerikaanse geskiedenis” was. Elf mense is tydens die aanval koelbloedig vermoor.

Christene moet let op die woorde van Joel Rubinfeld: Wanneer anti-Semitisme toeneem word Christene histories ook daarna geteiken. Ondanks teologiese verskille in die Liggaam van Christus, geld die Skrif vandag nog. Sagaria 2: 8-9 lui: “So sê die Here die Almagtige wat my met volmag gestuur het na die nasies toe wat oorlogsbuit van julle gemaak het: Wie aan julle vat, vat aan my oogappel. Met een waai van my hand teen hulle gaan Ek hulle die gevangenes van hulle eie slawe maak. Wanneer dit gebeur, sal julle weet dat die Here die Almagtige my gestuur het.”


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.