Bron: breakingchristiannews.com en breakingisraelnews.com

Foto: Joodse immigrante uit Noord-Amerika kom op ’n spesiale “Aliyah-vlug” by by Ben Gurion Lughawe aan (Flash90) breakingisraelnews.com

23 Junie 2020

Israel verwag dat 90 000 Jode van die diaspora teen die einde van 2021 na Israel sal terugkeer.

Aliyah
Die proses van Jode wat wêreldwyd as immigrante na Israel terugkeer, word Aliyah genoem. Die minister van Aliyah-integrasie, Pnina Tamano-Shata, het Woensdag gesê die nuutste skatting is dat 90 000 Jode wêreldwyd binne die volgende 18 maande na Israel sal verhuis.

Amerikaanse Jode keer ook terug
Intussen het Nefesh B ‘Nefesh (’n organisasie sonder winsbejag wat die Aliyah-proses bestuur) berig dat meer Amerikaanse Jode in Mei aansoek gedoen het om na Israel te immigreer, of daaroor navraag gedoen het, as in enige ander maand oor die afgelope twee dekades.

Die organisasie het in Mei 2020 byna dubbel die hoeveelheid Aliyah-aansoeke ontvang as in dieselfde maand verlede jaar. Meer as 800 huishoudings het aanlyn aansoek gedoen vir Aliyah – in vergelyking met net 424 in Mei 2019 …

Wat het Jeremia geprofeteer?
Dit lyk asof die huidige oplewing in Aliya dit is waaroor die profeet Jeremia in hoofstuk 31 vers 17 geprofiteer het: Ja, daar is verwagting vir jou nakomelinge, spreek die HERE; en die kinders sal terugkom na hulle grondgebied.”

Waarom keer die Jode terug?
Die Jode keer onder meer terug omdat die kombinasie van die koronapandemie, finansiële onbestendigheid, wydverspreide onrus en anti-Semitisme die Jode vir die eerste keer tot in hul wese skud. Hulle is op soek na alternatiewe woonplek,” sê Josh Wander, die stigter van die Bring them Home-organisasie.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.