13 Augustus 2019

In ’n poging om die gay “pride”-optogte teë te werk, is ’n groep Joodse Israeli’s van Haifa en die omliggende gebiede besig om iets soortgelyks aan die “Straight Pride March” in Boston te reë. Dit word die Mitzad Hamishpacha (die Gesinsoptog / Family March) genoem.

Die hooforganiseerder, prokureur Naama Sela, het aan Breaking Israel News gesê die optog is die inisiatief van godsdienstige sowel as sekulêre Israelse burgers wat die noodsaaklikheid van tradisionele gesinswaardes wil beklemtoon.

“Ons voel dat die land deur ’n gay agenda gekaap word – een wat die kern van die gesin wil uitwis,” het Sela gesê.

Die stap was die inisiatief van Sela en rabbi Yair Horowitz. Hoewel Sela haarself as ’n sekulêre Israeli beskryf, het sy verduidelik hoe dit haar en baie ander sekulêre Israeli’s ontstel het om te sien hoe die LGBTQ-belangegroepe “elke faset van die Israelse samelewing, veral die onderwys, binnegedring het.” Sela het opgemerk hoe mense van die LGBTQ-gemeenskap toegelaat word om sonder enige onderwysopleiding, by hoër- en laerskole hulle anti-gesinspropaganda te versprei.

Een van Sela se doelwitte met die optog is om “die swyende meerderheid in Israel wakker te maak …” het sy verduidelik.

Foto deur Rosemary Ketchum van Pexels


Bron: charismanews.com

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.