-deur Donnelly McCleland

Foto: GUARDIAN GRAPHIC

Bron: incontextinternational.org

26 Junie 2020

Jemenitiese separatiste lê beslag op die eiland Socotra

Die Suidelike Oorgangsraad, ’n groep Jemenitiese separatiste, het beheer van die eiland Socotra oorgeneem en die goewerneur uit die kussings gelig. Die Saoedi-gesteunde regering het dit as ’n staatsgreep beskryf.

Oorlog duur reeds jare lank voort

Die Suidelike Oorgangsraad het in April oor die suidelike deel van Jemen beheer geneem. Dit het pogings bemoeilik, om ’n permanente wapenstilstand teweeg te bring, in ’n oorlog wat reeds jare lank voortduur.

Daar is op regeringsfasiliteite en militêre basisse op die eiland beslag gelê. Socotra is in die Golf van Aden en een van die besigste skeepsroetes ter wêreld geleë.

Vredesonderhandeling het misluk

Ramzi Mahroos, die goewerneur van Socotra, het Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate daarvan beskuldig dat hulle hul blind gehou het.

Volgens ’n bron van Reuters het Saoedi-Arabië probeer om ’n ooreenkoms tussen die Jemenitiese regering en separatiste te bemiddel, maar die Suidelike Oorgangsraad het geweier om aan die vredesonderhandelinge deel te neem.

Humanitêre krisis

Die voortslepende oorlog in Jemen is al jare lank op ’n militêre dooiepunt vasgevang. Dit het een van die wêreld se ergste humanitêre krisisse tot gevolg gehad, terwyl voortgesette geweld en onlangse COVID-19-maatreëls hulporganisasies verhinder om dié te bereik wat die ergste deur die oorlog geraak word.

Vanuit ’n Christelike perspektief

Die eiland Socotra die tuiste van een van die “mees onbereikte” bevolkingsgroepe ter wêreld. Hulle het tot dusver nie aan gevegte op Jemen se vasteland deelgeneem nie.

Hoewel die Jemenitiese Kerk een van die kleinste groepie gelowiges is, staan baie mense van die wêreld saam met hulle in gebed. Volgens kontakte in die land, bid gelowiges daar vir ’n vreedsame oplossing en dat die geestelike saad wat op die eiland gesaai is, sal groei. Die gelowiges hou aan die belofte in Openbaring vas – dat elke stam en taal die Here sal leer ken.

Bid saam met ons vir die volgende:

  • Vir ’n deurbraak in vredespogings in die aanhoudende konflik in Jemen;
  • dat inwoners van Socotra aan die Evangelie blootgestel sal word; en
  • dat die Kerk in Jemen bemoedig sal word om nie die geestelike stryd, te midde van oorlog en afsondering, op te gee nie.

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.