Bron: Pakistaanse Christian Post

’n Pakistanse vrou, Venus Bibi (30), die Christen-moeder van vyf kinders, is ontvoer en 20 dae lank herhaaldelik verkrag en mishandel. Volgens haar man, Warris Masih, is die oortreder ’n ryk Moslem wat ook ’n misdadiger is. Masih het Pakistaanse Christian Post van die ontvoering, terwyl Bibi haar gesig met ’n serp bedek en gehuil het. he

Venus en haar man het albei vir ’n baksteenfabriek in die Punjab-streek in Pakistan gewerk. Venus is op 1 April 2021 op pad huis ontvoer en per motor na ’n plek meer as 200 km daarvandaan geneem. Die hoofverdagte in die ontvoering is Muhamad Akbar, ’n ryk misdadige Moslem wat voorheen ook ’n ander Christen-vrou uit die Punjab-streek ontvoer het. Venus was 20 dae lank vermis totdat sy erg beseer langs die pad gevind is. he

Volgens Warris is sy vrou herhaaldelik verkrag en aangerand. Sy is gedreig dat haar man en kinders vermoor sou word as sy van die uiterste mishandeling sou vertel. Ondanks die dreigement, het Venus die mishandeling by die polisie aangemeld, maar hulle het tot dusver nog niks gedoen nie. Ons is arm en Christene. Die polisie sal dus niks teen die ontvoerders doen nie, want hy het baie omkoopgeld aan die polisie betaal,” het Warris Masih gesê. he

Christene is tweedeklasburgers in Islamitiese Pakistan. Die land is op die vyfde plek op Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys . Die Pakistanse regering diskrimineer teen alle Christene. Daarom kry Christene slegs die moeilikste, slegste betaalde werk daar buite. Baie Christene is baie arm, maar selfs middelklas-Christene word uitgesluit en vervolg weens hul geloof. Daarbenewens loop vroue, soos Venus Bibi, die gevaar om ontvoer te word, met al die gevolge wat dit inhou.


9 Junie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.