Bron: incontextinternational.org

’n Boot met minstens 70 mense aan boord wat voor die uiterste geweld in Cabo Delgado vlug, het Donderdag, 29 Oktober, noord van die streekshoofstad Pemba in Mosambiek, in die Indiese Oseaan, gesink. Daar word gevrees dat meer as 40 van dié mense dood is. Die Verenigde Nasies se Internasionale Organisasie vir Migrasie (IOM) rapporteer dat duisende mense skuiling soek teen die drie jaar lange Islamitiese insurgensie; die afgelope drie weke het meer as 13, 00 mense op meer as 270 bote wat vir Pemba bestem was, gevlug.

Die insurgensie, wat in Oktober 2017 begin het, het vele distrikte in die noordelike provinsie Cabo Delgado, wat ryk is aan hulpbronne, geaffekteer. Verskeie groepe het sedert 2017 meer as 660 aanvalle uitgevoer. Gevegte tussen dié groepe en regeringsmagte het al meer as 2 000 burgerlikes se lewens geëis.

Die voortslepende gevegte het al meer as 400 000 mense ontwortel, met meer as 710 000 mense wat noodleniging benodig. Die opstandelinge het reeds baie gruweldade gepleeg, wat onthoofding, brandstigting in dorpe, teregstellings, plundering en vernietiging van infrastruktuur (soos skole en gesondheidsentrums), insluit. Die regering voer ’n opdraande stryd om die konflik in bedwang te hou; die opstandelinge is nou in beheer van ’n strategiese hawe na aan Mosambiek se gasvelde. ’n Beduidende tekort aan voorrade het ook tot dramatiese prysstygings gelei, wat dit vir inwoners moeilik maak om in hulle daaglikse behoeftes te voorsien.

Kommer bestaan dat die hoofsaaklik militêre reaksie van Mosambiek se regering onvoldoende is en dat die onderliggende sosio-ekonomiese probleme wat Noord-Mosambiek teister, dringend en op ’n meer holistiese wyse aangepak moet word.

Defense Web verklaar in dié verband: “Geografies skei die Zambezirivier noord- en suid-Mosambiek van mekaar. Ongeveer 19% Mosambiekers identifiseer hulle self as Moslem, maar in Cabo Delgado is die meerderheid (54%) van die bevolking Moslems. Armoede in die noorde is relatief hoog – 55,1% (2014), vergeleke met die suide se syfer van 32,8%. Die gevolg hiervan is dat Mosambiekers se lewenstrajekte bepaal word deur die sosiale milieu waarin hulle hulself bevind.”

Mosambiek het ongeveer 31 miljoen inwoners, waarvan 52,9% belydende Christene is. Geskatte syfers ten opsigte van die aanhangers van Islam in Mosambiek, wissel tussen 17% en 19% van die totale bevolking. ’n Plaaslike biskop van die Pemba bisdom, Luiz Fernando Lisboa, het in ’n onderhoud gesê: “Die oorlog het nie net ons streek gedestabiliseer nie, maar die hele Mosambiek. Die Kerk se rol is om slagoffers te help deur eers na die kwesbaarstes om te sien, maar ons moet ons ook duidelik (hieroor) uitspreek!”

Bid asseblief saam met ons vir Mosambiek.

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


14 November 2020

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.