-deur INcontext International

Bron: incontextinternational.org

22 Junie 2020

Ongeveer 20 soldate en meer as 40 burgerlikes is op Saterdag 13 Junie, dood en talle beseer, in twee aanvalle deur Islamitiese ekstremiste in die noord-ooste van Nigerië se Borno-staat.

Hospitaal oorweldig
Die plaaslike hospitaal is oorweldig deur die groot getal beseerdes. Sommige gewondes moes noodgedwonge buite die gebou wag vir behandeling.

VN-kantoor en polisiestasie geteiken
Die Verenigde Nasies (VN) se kantoor vir humanitêre hulp in die area is deur die militante groep afgebrand. Die groep het ook die polisiestasie aan die brand gesteek.

Plaaslike bevolking gedreig
Djihadistiese vegters het briewe, in die plaaslike Hausa-taal, aan inwoners uitgedeel. In die briewe is inwoners gewaarsku dat hulle “nie saam met die weermag, wit Christen-westerlinge, humanitêre noodleningsagentskappe of enige ander ‘ongelowiges’” mag werk nie.

Christen-gemeenskappe word aangeval
Slegs ’n paar dae tevore het minstens 81 mense omgekom in ’n aanval op ’n ander dorpie in die Borno-staat. Die jongste aanval volg op soortgelyke aanvalle deur Fulani-veewagters op die hoofsaaklik Christen-gemeenskappe in Idazau, Etissi, Bakin Kogin, Dutsen Gora, Ungwar Gora, Pushu Kallah en Magunguna.

Sedert 2001 is meer as 60 000 mense in Nigerië se onbestendige sentrale en noordelike streke wreedaardig vermoor, terwyl baie meer beseer en ontvoer is.

Die konflik spruit hoofsaaklik uit geskille oor grondbenutting; die afgelope tien jaar het dit egter toegeneem weens droogtes en geradikaliseerde godsdienstige onderstrome.

Die Fulani
Die veewagters is tradisioneel nomadiese Moslem-Fulani’s en maak ongeveer 90% van Nigerië se veeboere uit. Baie van die boere is Christene van verskillende etnisiteite. Duisende mense is deur die konflik ontwortel en armoede het geweldig toegeneem.

Dreigende volksmoord
Christian Solidarity International (CSI) het op 30 Januarie ’n verklaring uitgereik, waarin hulle teen ’n dreigende volksmoord in Nigerië gewaarsku het. Hulle het ’n beroep op die permanente lede van die VN se veiligheidsraad gedoen om op te tree. Nigerië is die tuiste van ongeveer 200 miljoen mense, van wie 51,3% Christene is.

Nigerië beklee die twaalfde plek op Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys. Die lys noem die 50 lande ter wêreld waar dit die moeilikste is om die Christelike geloof te bely en uit te leef.

Bid asseblief saam met ons vir Nigerië.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.