(22 Julie 2016)

Tussentydse Brasiliaanse president, Michel Temer, het ’n noodvergadering belê nadat regeringsamptenare tien ISIS-terroriste in hegtenis geneem het wat van plan was om terreurdade tydens die Olimpiese Spele in Rio uit te voer.

Die polisie-operasie het oor nege state plaasgevind, met verdagtes wat in hegtenis geneem in Sao Paulo en Parana. Minister van justisie, Alexandre Moraes, het tydens ‘n nuuskonferensie gesê dat al die verdagtes Brasiliaanse burgers is.

Geregtelike owerhede in Parana beweer dat onderskepte data en telefoonoproepe aan die lig gebring het dat ’n terroriste-sel van plan was om “wapens en guerrilla-taktiek” te gebruik tydens die Olimpiese Spele.

Moraes het gesê dat die mans, wat pas Moslems geword het, aanvanklik djihadisme op die internet nagevors het.


Bron: www.behindthenewsisrael.wordpress.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.