-deur Shawn. A. Akers

14 Augustus 2019

Spanning is wêreldwyd besig om op te laai en Michael Snyder van Charisma News sê mense moet kennis neem van die feit dat nog ’n wêreldoorlog in aantog is. Hy sê dat baie mense sorgeloos voortgaan met hulle lewens ondanks die plofbare situasies tussen Israel en Iran en China en Amerika.

Volgens Snyder is ’n “wêreldstorm” beslis op pad.

“Dit is tans redelik rustig en baie mense geniet die lewe,” het Snyder aan dr. Steve Greene gesê tydens ’n uitsending van “Greenelines” op Charisma se aanlynnetwerk. “Ek dink ons moet nou die tyd gebruik om ons voor te berei. Nie net fisiek nie, maar ook geestelik. Om ons sake in orde te kry en die dinge wat gedoen moet word, te doen, ter voorbereiding van wat voorlê.

“Dinge lyk dalk tans vreedsaam, maar ek wil mense aanmoedig om nie partytjie te hou nie. Berei julle eerder voor en beweeg nader aan die Here as ooit tevore.”

Foto: Geralt / Pixabay.com


Bron: charismanews.com

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.