Bron: the-sun.com

Die “Arkjagter”, Andrew Jones, glo dat hy Noag se ark gevind het. Volgens die  U.S. Sun toon 3D-skanderings die bouwerk van ’n groot bootagtige struktuur wat in die Tendürek-berg verborge is. Navorsers dink dat dit die ark kan wees, na aanleiding van die vorm, grootte en ligging. Die span samel geld in vir verdere navorsing.

Mense soek eeue lank al na oorblyfsels van Noag se ark. Dit sou ’n bewys wees van die Bybelverhaal soos beskryf in Genesis. Wat volgens geoloë bloot ’n ongewone rotsvormasie in die berg in Turkye is, trek jare lank reeds navorsers soos Jones se aandag.

“Dit is nie wat jy verwag as jy die berg of die foto’s sien nie. Dit lyk net soos ’n stuk rots. Jy verwag nie dat iets verborge is nie,” het Jones gesê. “Maar uit die skanderings kan jy sien dat dit moontlik die ark is. Dit lyk asof ons te doen het met ’n mensgemaakte boot wat ooreenstem met die eienskappe en afmetings van die ark soos beskryf in die Bybel.”

Jones hoop dat hy toestemming sal kry om opgrawings te doen en uit te vind of dit werklik Noag se ark kan wees. Die span navorsers samel geld in om die navorsing voort te sit en moontlik met opgrawings te begin. Hulle benodig ongeveer 75 000 euro vir die volgende stappe in die ondersoek.

Volgens Jones is die ligging gunstig en die afmetings baie soortgelyk aan die afmetings soos in die Bybel verskaf. Volgens die Bybel sou die ark 300 el lank, 50 el breed en 30 el hoog wees. Een el is ongeveer 45 cm, wat beteken dat die ark 135 meter lank, 22 meter breed en 13 meter hoog moes wees.

In Genesis is die berge van Ararat in oostelike Turkye die gebied waar Noag se ark tot rus gekom het ná die sondvloed – moontlik naby die berg, Tendürek.

Die terrein is oorspronklik in 1959 deur die Turkse weermagkaptein, Ilhan Durupinar, ontdek wat die bootvormige struiktuur opgemerk het in lugfoto’s van die gebied wat deur die weermag geneem is.

Die Durupinar-terrein is later persoonlik in die 1970’s tot 1990’s deur die omstrede navorser, Ron Wyatt , besoek. Sy bevindings ten gunste daarvan dat die terrein Noag se ark bevat, het veroorsaak dat ander navorsers, argeoloë en wetenskaplikes die formasie ondersoek het.

Die nuwe span hoop om meer skanderings op die terrein uit te voer, om daar te boor en dan opgrawings te doen.

Kyk hier na ’n video van die ondersoek in die artikel van die U.S. Sun.


30 September 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org