Foto: Don Ceder / Isaac Owusu
21 Oktober 2019
Bron: cip.nl

In ’n artikel van CIP.nl, ’n Nederlandse Christelike nuuswebtuiste, is berig oor ’n raadslid in Amsterdam wat onverpoosd voortgaan met sy stryd teen sekstoerisme in die stad. Don Ceder, van die ChristenUnie, het aan Trouw, ’n dagblad, verduidelik hoekom dit so belangrik is vir hom.

“Amsterdam moet die stad van geregtigheid, vrede en hoop word, in plaas van die plek vir betaalde seks en dwelms,” het hy aan die dagblad gesê. “Duisende mans beoordeel daagliks die vroue agter die vertoonvensters: te vet, te kort, te swart, nie aantreklik genoeg nie … Is dít die feminisme waarna ons as ’n samelewing streef? ”

So ’n rooiligdistrik kan die voorland van stede soos Kaapstad en Johannesburg word, as die regering prostitusie in Suid-Afrika wettig. Lees ’n vorige berig oor hierdie gevaar (joydigitalmag.com)

Volgens die Nederlandse berig verskyn sekswerkers gereeld in die media wat ten gunste van die beroep standpunt inneem. Volgens Ceder is dit egter nie ‘n weerspieëling van die meeste vroue wat agter die venster in die Rooiligdistrik van Amsterdam agter die vertoonvensters staan nie. “Volgens die plaaslike polisiebeampte is 70 tot 80% Oos-Europese vroue. Ek het gehoor dat die begrip ‘vrywillig’ ‘n uiters elastiese konsep is, ” het Cedar gesê.

 

In Suid-Afrika oefen radikale aktiviste vir “seksuele regte” groot druk op die regering uit om prostitusie in die land te wettig en die wettiging van die gebruik van dagga het ons nog verder in die rigting gestuur wat die ChristenUnie hand en tand in Nederland beveg.

Steun gerus Errol Naidoo se Family Policy Institute wat op die voorpunt staan in die stryd teen die wettiging van prostitusie in ons land. familypolicyinstitute.com

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.


VRYWARING: 
Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.