Verhale kan aangrypend, inspirerend, motiverend en selfs onvergeetlik wees. Die bestes bly ons by. Dit beïnvloed hoe ons dink en optree en soms vorm dit selfs ons waardes – ten goede of kwade.

“Is daar dan enigiets beter as ’n goeie verhaal?” kan jy vra. “Beslis!” sê dr. Michael Mol, TruthTV se nuwe hoof uitvoerende beampte. “Die Waarheid is beter as enige goeie verhaal en waarheid is juis die DNS van TruthTV. Ons bied spesiaal uitgesoekte verhale wat in die waarheid
gewortel is en jou en jou gesin sal inspireer.”

’n Terugblik
Dit is juis in tye soos hierdie dat waarheid die ware Noord word waarvolgens mense hulle lewens rig. Ná meer as 40 dae van inperking het ons noodgedwonge geleer om anders te lewe. Ons het weer leer lees, luister, rus en oefen. Ons het weer kunstig geraak en leer speel. Sommige het rustig geword, keuses begin maak. Ander het hul denke en gewoontes verander en almal het leer bid.

Veertig dae (en meer)
Die verloop van 40 dae was vir verskeie mense in die Bybel van belang. Die
Israeliete het 40 jaar lank in die woestyn geswerf; die verspieders het die beloofde land 40 dae lank verken; die reën het 40 dae lank geval terwyl die ark ’n veilige hawe vir die wêreld se menslike en dierlike voortbestaan gebied het; Noag moes 40 dae lank wag om die venster oop te maak; Maria het deur ’n reinigingstydperk van 40 dae voor Jesus se geboorte gegaan, Jesus was 40 dae lank in die woestyn en 40 dae lank op aarde voordat Hy opgevaar het Hemel toe. So het 40 dae se inperking ons geestelik en verstandelik voorberei vir ’n wêreld met ’n nuwe
“normaal”.

TruthTV, Suid-Afrika se nuwe digitale televisiekanaal, het spoedig besef dat hierdie platform meer as net ’n tydverdryf vir sy kykers is. Dit is die één plek waar gesinne, kerke en kleingroepe bymekaar kom om te leer en saam te lag. TruthTV bied ure se gesinsvriendelike flieks in Afrikaans en Engels. Dit is propvol vermaak, aktuele en kinderprogramme – alles op Christelike waardes gegrond.

TruthTV vervul die rol van die sterk aanlyn-raadgewer en behandel ernstige kwessies soos verlies, moedeloosheid, geloofsvrae en onsekerheid.

In die program Pleisters vir die Siel gee die aanbieder, Riekert Botha, meer as 50 vreemdelinge die kans om hul geloofsvrae te stel. Hy antwoord sy gaste uit die vuis. Hy raak onderwerpe aan soos egskeiding, egbreuk, sosiale media, obsessies en verskillende gelowe. Hierdie program is uiters geskik vir ’n gesprek tydens huisgodsdiens of vir ’n selgroep.

In Die Verskil gesels Lindie Strydom met ervare gemeenskapsprojekleiers en kenners oor hulpverlening in die stryd teen armoede. Die Verskil help Christene wat ’n verskil in ander se lewens wil maak, met praktiese riglyne.

In Wat Glo jy? vra ds. Janlu Kuyler en dr. Bennie Mostert: “Hoekom is jy ’n Christen?” Wat Glo Jy? verken die Christen-geloof met temas soos: ’n Vergelyking tussen godsdienste, die Apostoliese Geloofsbelydenis, en die Verbond.

Geniet die preekreekse van bekende sprekers, soos Andy Stanley, LouiE Giglio, Joyce Meyer en Angus Buchan, wat ’n wye reeks lewensveranderende temas aanroer.

Vir ons jongspan stel TruthTV Superbook bekend! Dit is ’n tekenprentreeks met verhale wat kinders op Bybelse avonture neem. Gizmo en sy vriende leer meer oor die Woord, en hul verhouding met Jesus word met elke episode net sterker.

In die fliek, Heaven is Waiting, word die temas van verlies, liefde, tweestryd en ’n nuwe begin ondersoek. ’n Enkelouer van ’n tienerdogter moet die afsterwe van sy vrou verwerk, die eerste liefdeservaring van sy dogter hanteer en sy eie toekomsdrome probeer verwesenlik.

 

God’s Not Dead 1 & 2. Die eerste God’s Not Dead handel oor ’n student wie se Christelike geloof bevraagteken word deur sy filosofieprofessor. God’s Not Dead 2 beklemtoon die werklikheid van die aanslag teen godsdiensvryheid in skole in Amerika.

Onder Michael se leiding, beloof TruthTV om Suid-Afrikaners van uitstekende en betroubare aanlynvermaak te voorsien
“’n Groot verskeidenheid vermaakkeuses lê nou in die palm van jou hand,” sê Michael. “Die belangrikste onderskeid tussen TruthTV en ander digitale platforms is nie die grote van ons inhoudsbiblioteek nie, maar eerder die típe inhoud. Ons neem volle verantwoordelikheid vir alles wat op die kanaal uitgesaai word.”

Vermaak gegrond op Christelike waardes
Kinders bestee deesdae ure voor die skerm – hetsy die televisie, rekenaar of selfoon. Die inhoud wat daarop beskikbaar is, verskil in baie gevalle hemelsbreed van ons Christelike waardesisteem. Dit is hier waar TruthTV uitstaan. Ons vermaak is alles op Christelike waardes gegrond – van pas vir die hele gesin.

Daarvan kan jy seker wees, die TruthTV-span bestaan uit mense net soos jy, wat gesinsvriendelike vermaak wil kyk met ’n heilsame boodskap. Daarom beloof TruthTV om oud en jonk te laat skaterlag, ’n traan te laat pik, dieper te laat dink en voortdurend te inspireer met die verlossingskrag van Jesus Christus.

Ná afloop van die inperkingservaring en die belewenis van die COVID-19-pandemie besef ons: die lewe is tien persent wat met ons gebeur en negentig persent hoe ons daarop reageer. Waar ’n daar ’n wil is, is daar ’n weg: Daar sal áltyd ’n weg wees as daar ’n wil is om God toe te laat om by ons lewens in te gryp. God se karaktereienskappe is die van ’n Vader, ’n beste Vriend, ’n Geneesheer, Raadgewer, Voorsiener, die Een wat liefde gee en hartseer vertroos. Wanneer ons uitskree: “Daar is geen manier dat ek hierdeur gaan kom nie,” sê God in liefde en in Sy sagte stem: “Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe – vertrou My.”

Lê dus terug in jou gemakstoel, trek die handreiniger, springmielies en die gesin nader en geniet tientalle ure se gesinsvriendelike flieks in Afrikaans en Engels, vermaaklikheids-, kinder- en aktuele programme, met die waarheid as ons kompas!

Besoek TruthTV.com vir meer besonderhede en om te registreer. Die TruthTV-slimfoontoep kan ook afgelaai word by Apple App Store of Google Play Store. Tik TruthTV in die soekgleuf (toolbar) in. TruthTV is jou reis- en kykvennoot en beskikbaar op jou selfoon, tablet, rekenaar of televisie. Die keuse is joune.

Volg TruthTV op die sosiale media skakels:
Webblad truthtv.com
Facebook @truthtvza
Instagram @Truthtv_

Alle TruthTV-intekenare kry 14 dae gratis toegang. Bepalings en voorwaardes geld.

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

12 Julie 2020

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.