Deur: David Malherbe

Die hedendaagse tydgees wil ons wysmaak dat ’n Bybelse wêreld- en lewensbeskouing outyds is en dat ons in ’n “post-Christelike era” leef. Maar waar kom die denkrigting van ’n “post-Christelike era” vandaan?

Die begin van die post-Christelike denkwyse
Dit is nie n nuutjie sedert die jaar 2000 nie. Reeds vanaf die 1930’s het toenemende getalle Protestantse en Rooms-Katolieke denkers in Europa en ander Westerse lande die tyd waarin ons lewe as ’n “post-Christelike” era begin beskou. Hierdie verskynsel is reeds in Augustus 1948 by die eerste vergadering van die Wêreldraad van Kerke in Amsterdam bespreek en een van Europa se voorste teoloë van daardie tyd, Karl Barth, het dit toe as “onsin” bestempel.

Deugde sonder die Bybelse waarheid daaragter
’n Post-Christelike samelewing maak selektief aanspraak op deugde wat gewortel is in ’n Christelike wêreldbeskouing, terwyl die waarhede waarop daardie waardes gegrond is, selektief verwerp word. Dit wil sê die Bybelse grondslag van dié waardes word ontken aangesien dit nie by die tydgees pas nie en sommiges gaan selfs sover om te sê dat hulle hulself nou tot ateïsme “bekeer” het. Hoewel baie mense dit nie wil erken nie, is dit juis Bybelse beginsels wat nodig is vir ’n geordende en stabiele samelewing. Dink net hoeveel beter die ekonomiese en politieke omgewing sou lyk as Bybelse beginsels oral nagestreef word.
Kom ons kyk na enkele voorbeelde.

ENKELE HOEKSTENE VAN ’N GEORDENDE SAMELEWING

Wat die Bybel oor diefstal sê
Iets wat deesdae bandeloos toeneem, is diefstal. Iemand wat iets kleins steel en gevang word, word sommer onmiddellik vrygelaat. Georganiseerde misdaadgroepe steel vrugte en vee op groot skaal. Kapings en voertuigdiefstal is algemeen, om nie eens te praat van die enorme omvang van korrupsie in selfs die openbare sektor nie. Die land word bankrot gesteel.
Wat is die Bybelse waardes hieromtrent? Behalwe Eksodus 20:15 waar God sê: “Jy mag nie steel nie”, sien ons in Hosea 7:1: “… die oortreding van Efraim en die sonde van Samaria … Hulle belieg mekaar, hulle breek in en steel, hulle beroof mekaar op straat.” Klink dit nie bekend nie?

Soms probeer mense diefstal regverdig omdat iemand honger is. Spreuke 6:30 sê egter: “’n Dief word verag as hy steel, ook al steel hy om sy honger te stil.” In die Nuwe Testament skryf Paulus in Efesiërs 4:28: “As iemand ’n dief is, moet hy ophou steel; hy moet deur harde werk op ’n eerbare manier self in sy lewensonderhoud voorsien; dan sal hy iets hê om vir die armes te gee.”

Wat die Bybel oor eerlikheid sê
Tweedens weet ’n mens deesdae nie meer wie en wat om te glo en te vertrou nie. ’n Land se ekonomiese vooruitgang is grootliks afhanklik van mense se vertroue in die ekonomie en die stelsels waardeur dit ondersteun word. Met begrippe soos “fopnuus” en “postwaarheid” aan die orde van die dag, is dit te verstane dat ons ekonomies swaar trek.

Ons benodig Bybelse waardes om ekonomiese vertroue te skep. In Matteus 5:37 sê Jesus: “Laat julle ‘ja’ eenvoudig ‘ja’ wees en julle ‘nee’, ‘nee’. Wat meer gesê word as dit, kom van die Bose.” In Levitikus 19:11 sien ons: “Julle mag nie steel nie en julle mag nie lieg of mekaar bedrieg nie.” Selfs die wyse Salomo sê in Spreuke 6:16-18: “Die Here haat … ’n tong wat lieg … gedagtes wat met komplotte besig is … ’n getuie wat lieg …”

Wat die Bybel oor gierigheid sê
Onderliggend aan bogenoemde lê gierigheid (greed) en die liefde vir geld. Die tien gebooie sê in Eksodus 20:17: “Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie ’n slaaf of slavin, ’n bees of ’n donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie.” In 1 Timoteus 6:10 (NLV ) skryf Paulus: “… die liefde vir geld is die wortel van alle kwaad. En sommige mense wat geld begeer, het weggedwaal van die geloof en hulleself met baie ellende deurboor.” Let wel, dit gaan nie oor geld per se nie, maar oor die liéfde vir geld.

Wat die Bybel oor reg en regverdigheid sê
’n Verdere hoeksteen van ’n geordende samelewing is regsekerheid. Moses sê in Deuteronomium 32:4 van God: “Hy is die getroue God, sonder onreg, Hy is regverdig en betroubaar.”

’n Regverdige regering en regters is Bybelse waardes waarsonder ’n samelewing uitmekaar val. Koning Dawid vra in Psalm 58:2: “Julle wat mag besit, is julle uitsprake werklik regverdig? Is julle beslissings in die sake tussen mense billik?”

Koning Josafat van Juda het goed gedoen: “… hy het regters in die land aangestel en hulle opdrag gegee: ‘Let goed op wat julle doen, want julle oefen die regspraak uit nie vir mense nie, maar vir die Here. Die verantwoordelikheid vir die reg rus op julle. Mag die vrees vir die Here julle bybly! Wees versigtig en doen julle plig. By die Here ons God is daar nie onreg en bevoordeling en korrupsie nie.’” – 2 Kronieke 19:5-7

Daarmee saam sê die Woord dat omkoopgeld die reg verdraai. Eksodus 23:8 (NLV) sê: “Moenie omkoopgeld aanvaar nie, want dit maak jou blind vir die waarheid. Dit verongeluk die saak van die een wat regverdig is.”

Bybelse waardes is noodsaaklik
Daar is nog baie voorbeelde van Bybelse waardes, soos dié oor borg staan, die hantering van skuld, ’n goeie werksetiek en vele meer. Hierdie is slegs enkele voorbeelde hoekom ons nooit die noodsaaklikheid van Bybelse waardes in ons samelewing kan negeer nie. Spreuke 29:4 (NLV) is steeds geldig: “’n Regverdige koning bring bestendigheid in sy land. Een wat buitengewone belasting wil hê, ruïneer sy land.”


25 September 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org